| Na die sukses van Die selfoon en ander verhale
(2004) en Braaivleis in die bos en ander verhale (2004) het Aktuapers Uitgewers
besluit om weer `n kortverhaalbundel die lig te laat sien. Laasgenoemde twee bundels
is in een band byeengebring en het die kortlys gehaal vir voorskrywing vir Graad
10 in 2006 (Afrikaans Huistaal en/of Eerste Addisionele Taal) Die nuwe bundel
sal voorgelê word vir moontlike voorskrywing vir Graad 11 Afrikaans Huistaal
en/of Afrikaans Eerste Addisionele Taal in 2006/7. Die bundel sal ook aan die
algemene leserspubliek bemark word. Hierdie is dus `n ideale geleentheid tot publikasie. Watter
tipe verhale? `n Paar leidrade
Daar is geen spesifieke
tema nie, maar sterk oorwegings is: - Verhale wat aktuele kwessies aanroer.
-
Verhale waarmee vandag se tieners (16-18 jariges) kan identifiseer en wat binne
hul kaleidoskopiese leefwêrelde val.
- Verhale wat nie doekies omdraai
met sosiale problematiek nie, maar wat tog `n mate van hoop in die vooruitgang
stel
- Verhale wat getuig van kulturele verdraagsaamheid, maar wat nie
die verwikkeldheid van menslike verhoudings ignoreer nie
- Verhale wat
iets verklap van die Suid-Afrikaanse landskap, geografiese erfenis en biodiversiteit
Bogenoemde
is slegs riglyne en moet nie as noodwendige bestanddele in `n uitgewerkte resep
beskou word nie. Ons is juis op soek na outentiek-oorspronklike verhale, diverse
stemme en stories wat getuig van drif en vitaliteit. Wat
is die vereistes met betrekking tot styl en voorlegging? -
Verhale moet nie langer as 2500 woorde wees nie
- Kort-kortverhale is welkom,
mits dit van uitstekende kwaliteit is
- Essayistiese stukke wat boeiende
onderwerpe aanspreek is welkom
- Slegs ongepubliseerde tekse sal oorweeg
word
- Daar is geen beperking op die aantal tekste wat voorgelê word
nie
- Geen skuilname mag gebruik word nie
- Die aantal woorde moet
aangedui word
- Verhale moet `n dubbelspasiëring geset wees
-
Bladsye moet genommer wees
- Alle voorleggings moet vergesel wees van die
amptelike "vorm vir voorleggings" STUUR `N E-POS NA nielcoc@mweb.co.za
om `n vorm te bekom
Waarheen
moet tekste gestuur word? Een harde kopie EN op disket sou u
verkies om van slakkepos gebruik te maak. Per pos na: Neil Cochrane Posbus
11372 Queenswood 0121 Per e-pos na: nielcoc@mweb.co.za Vir
verdere inligting kontak gerus vir Neil Cochrane by: 082 445
6002 Wanneer is die sluitingsdatum? Die
sluitingsdatum is 30 Augustus 2005 of so gou moontlik daarna. Verdere
sake van belang
- Geen korrespondensie sal oor afgekeurde
bydraes gevoer word nie
- Hierdie is nie `n kompetisie nie en geen prysgelde
is betrokke nie
- Ingestuurde bydraes mag nie aan `n ander uitgewer voorgelê
word, terwyl dit onder oorweging is nie
- Die keuringsproses sal ongeveer
twee maande duur. Indien u niks van ons gehoor het teen einde Oktober 2005 nie
moet u aanvaar dat u bydrae/s afgekeur is
- Afgekeurde bydraes sal nie
aan outeurs terugbesorg kan word nie
- Aktuapers Uitgewers behou die reg
voor om nie `n bundel te publiseer sou die aanbod onbevredigend wees
Vriendelike
skrywersgroete Neil Cochrane (werwingsredakteur en samesteller) |