| Sanlam en Tafelberg-Uitgewers het so pas die
name van die finaliste in die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005 bekend gemaak. Die
finaliste in die kategorie vir Afrikaanse jeugromans is François Bloemhof,
Annerie Britz, Naomi Meyer, Derick van der Walt, Engela van Rooyen en Fanie Viljoen. In
die afdeling vir Engelse jeugromans is die finaliste Darrel Bristow-Bovey, John
Coetzee, J.W. Hichens, Heather Lee-Graham, Janie Oosthuysen en Jenny Robson. In
die afdeling vir Nguni-tale is die finaliste Sabatha Sifundza, met 'n jeugverhaal
in siSwati, en Dumisani Sibiya, met een in isiZulu, terwyl die finaliste in die
afdeling vir Sotho-tale Kabelo Duncan Kgatea is, met 'n manuskrip in Setswana,
en K.P.D. Maphalla, met een in Sesotho. Die name van die wenners in die
verskillende kategorieë word binnekort bekend gemaak, en die wenboeke sal
in die loop van Augustus, September en Oktober vrygestel word by bekendstellings-geleenthede
in Kaapstad en Johannesburg. Die "tema" vir 2007 se Sanlam-prys
vir Jeuglektuur is ook bekend gemaak: vir hierdie wedstryd soek die organiseerders
naamlik 'n jeugverhaal waarin tegnologie 'n rol speel. Die sluitingsdatum sal
later bekend gemaak word. |