| Die pas heruitgereikte Rympieman bestaan uit
twee Cd's plus 'n boekie met gedrukte teks. Rympieman bevat byna 200 alombekende
Afrikaanse rympies en liedjies. Die speelduur van die twee Cd's is meer as twee
ure. Sommige van die items is oorgeneem uit StorieMuis. Kenmerkend
aan suksesvolle kleuterrympies, is die inhoud van Rympieman ryk aan die toon,
styl, speelsheid en spel met taal wat spreek tot die verwysingswêreld van
die jong kind. Die inhoud word met 'n ligte aanslag aangebied
wat aanklank vind by die kind. Rympieman stel die kind van kleins af bloot
aan die wêreld van klank, ritme, rym, klanknabootsing en herhaling wat later
kan lei tot waardering vir poësie. Van die bekendstes tot die minder
bekende, uit die Patriot-tyd tot hede -die klem is op die Afrikaanse kultuurskat
van toeka tot nou. Rympieman is 'n versameling van geliefdkoose
rympies en gedigte wat vir die kind die deur oopmaak na 'n reis van rym en vers;
'n weerspieëling van die mens se gemoedstoestand in versvorm. Rympieman
is 'n moét vir die kulturele ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse kind
- nie net Afrikaanse moedertaal sprekers nie. Rympieman, die gedrukte boekie
en 2 Cd's, word verpak in 'n aantreklike karton houer. Die prys is R139.95 (Posgeld
en verpakking uitgesluit) Rympieman is te koop
by Die Luisterbiblioteek in Pretoria Kontakpersoon:
Elsa Smit Tel (kantoorure) (012) 348 2480 e-pos: storieman@mweb.co.za ISBN:
1-920034-25-0 | CD
1 | CD
2 | Die
vyf vingers Die vyf tone Die gelaat Die liggaamsdele Klopryme Knieryme Hop,hop Kieleryme Dangel-en
speelryme Handspeletjies Etenstyd Slaaptyd Kindergebede Wiegeliedjies 'n
Menigte diertjies Ou bekendes Kom ons leer die ABC Eerste ontdekkings Boerespellings 'n
Slegte bui Spreukryme Slimmighede Kinderlatyn Vir kinders wat neul Snelsêers Noudat
ek 'n boer is Nog Boerespellings Raaisels Speelryme Uitlêryme Uittelryme Waarsêers
en rate Kettingryme Slenterryme Tergryme | Wat
seg Horak? Die Brawe Ruiters Raai, raai Wyse Woorde Werkryme Bygelowe Nogmaals
snelsêers Kinderpreke Uit die oude doos Uit eeue lank verby Boere-piekniek Raai,
raai wat is dit? Rymelende Spreuke Raai, raai riepa! Haak-en-steek Wilde
Ryme Dryfryme Donker ryme Skemerland Hoe ver die liefde lê Vryers
te perd Boerebruilof Voor in die wapad |
|