| Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2007 - Sluitingsdatum
word verleng Goeie nuus vir skrywers van jeugboeke! Die sluitingsdatum
vir inskrywings vir die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2007 word verleng van 18 Augustus
2006 tot 30 Junie 2007. Die prys word toegeken om die skryf van jeuglektuur,
gemik op die ouderdomsgroep van 12 tot 18 jaar, te bevorder. Vorige wenners sluit
Marita van der Vyver, Dianne Hofmeyr, George Weideman, Francois Bloemhof, Darrel
Bristow-Bovey en Fanie Viljoen in. Die kompetisie word beoordeel in ses
kategorieë, naamlik Afrikaans, Engels, Nguni-tale, Sotho-tale, Tshivenda
en Xitsonga. Vir die huidige kompetisie vereis die organiseerders 'n roman
waarin tegnologie 'n rol speel. Twee pryse sal toegeken
word in elke kategorie: Goud R12 000 Silwer R6 000 Tafelberg-Uitgewers
sal die wenromans uitgee. Die beoordelaars behou die reg om die prys nié
toe te ken nie indien inskrywings nie aan standaarde voldoen nie. Skedule 30
Junie 2007: Sluitingsdatum vir inskrywings Maart 2008: Aankondiging van finaliste September
2008: Aankondiging van wenners en bekendstelling van boeke Vir
meer besonderhede en navrae kontak Danita van Romburgh, Tafelberg-Uitgewers,
Posbus 879, Kaapstad, 8000 Tel: (021) 406-3412 Faks: (021) 406-3812 E-pos:
dvanromb@tafelberg.com of Martie de Lange, Sanlam, Posbus 1, Sanlamhof,
7532 Tel: (021) 947-5174 Faks: (021) 947-2683 Epos: martie.delange@sanlam.co.za Ons
borg, Sanlam, stel ons weer in staat om gehaltewerk met hierdie kompetisie ryklik
te beloon: 'n Skrywer wat met 'n Goue Prys wegstap, kry weer R12 000 en iemand
wat 'n Silwer Prys verower R6 000. Vanjaar word verhale ingewag waarin
die tegnologie 'n rol speel. Let asseblief op die stelwyse: 'n rol, nie noodwendig
die hóófrol nie. (Maar dit kan ook die hoofrol wees indien die storie
dit vereis.) Net soos verlede keer vind die wedstryd weer oor vier kategorieë
plaas, naamlik Afrikaans, Engels, Nguni-tale en Sotho-tale. En in elke kategorie
is daar weer twee pryse op die spel: Goud en Silwer. Natuurlik is publikasie
op sigself ook al 'n "prys". Ongelukkig kan ons nie inskrywings
per e-pos aanvaar nie. Maak asseblief seker dat jy 'n afskrif van jou inskrywing
hou. En indien jy wil hê dat ons die een wat jy vir die wedstryd ingeskryf
het moet terugstuur, moet jy asseblief 'n gefrankeerde, geadresseerde koevert
insluit. Die reëls -
Die wedstryd word in ses kategorieë aan-gebied: Afrikaans, Engels, Nguni-tale,
Sotho-tale, Tshivenda en Xitsonga.
- Daar is twee pryse in elke kategorie
op die spel:
Goud: R12 000 Silwer: R 6 000 - Vereistes: 'n Verhaal
waarin tegnologie 'n rol speel. Dit moet geskik wees vir jong lesers (iewers tussen
12 en 18 jaar). Lengte: tussen 25 000 en 45 000 woorde.
- Tafelberg onderneem
om die wenromans te publiseer en behou ook die eerste opsie om enige van die ander
inskrywings te publiseer.
- Terwyl inskrywings onder oorweging is, mag
hulle nie elders voorgelê word vir publikasie nie.
- Die beoordelaars
behou die reg voor om een of meer pryse agterweë te hou indien die gehalte
van die inskrywings nie op peil is nie.
- Die wedstryd is slegs vir burgers
van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Swazi-land oop.
- Inskrywings
moet op A4-velle getik of uitge-druk wees, met dubbelspasiëring en breë
kantlyne, net aan een kant van die vel, duidelik genommer en nie ingebind nie.
Inskrywing kan nie per e-pos geskied nie.
- Inskrywings word streng anoniem
beoordeel. Skrywers word dus gevra om seker te maak dat hul naam slegs op die
titelblad van die inskrywing verskyn en nêrens elders nie.
- Elke
inskrywing moet vergesel word van 'n inskrywingsvorm (of afdruk daarvan).
-
Deelnemers mag nie onder 'n skuilnaam in-skryf nie.
- Deelnemers word versoek
om afskrifte van hul inskrywings te hou en om 'n self-geadresseerde, gefrankeerde
koevert in te sluit indien hulle wil hê dat hul inskrywing ná die
wedstryd aan hulle teruggestuur moet word. Die organiseerders kan nie finale ver-antwoordelikheid
aanvaar vir verlore inskry-wings nie.
- Sluitingsdatum:
30 Junie 2007.
- Navrae en
inskrywingsvorm:
Danita van Romburgh, Tafelberg-Uitgewers, Posbus
879, Kaapstad, 8000 telefoon: (021) 406-3412 faks: (021) 406-3812 e-pos:
dvanromb@tafelberg.com
|