| Ons wil graag alle kinderboekmense (oud en
jonk) in Pretoria bymekaar maak om te kom gesels, dink en leer oor die Suid-Afrikaanse
kinderboek. Ons wil uiteindelik boeke by kinders uitbring! Suid-Afrikaanse
Kinderboekforum (IBBY Suid-Afrika) se eerste byeenkoms vind plaas op Woensdag
29 Maart om 17:30: Fascination Books: Brooklyn Mall. Op die 29ste gaan
ons gesels oor 2005 se Sanlampryswenners: Breinbliksem (Fanie Viljoen),
Nie vir kinders nie (Francois Bloemhof), Savannah (Jenny Robson).
Die gespreksleiers is Margaret Labuschagne (Uitgewerswese, UP); Maritha Snyman
(Inligtingkunde, UP) en Thomas van der Walt (Inligtingkunde, Unisa). Kom gesels
en kuier saam. En as dit kan, lees die boeke ook. Ons gaan daarna sommer
die res van die jaar se program uitsorteer. Ons wil:
- Ten minste
een leesbevorderingsprojek aanpak en soek idees
- Een keer elke twee maande
saamkuier (nog idees nodig)
Vir navrae kontak: Thomas
van der Walt: 0828286305 of vdwaltb@unisa.ac.za Maritha Snyman 0823828540
of maritha.snyman@up.ac.za |