| Jong digters kan wonderlike pryse losslaan in
'n poësiewedstryd wat saamval met die Wêreld-Asmadag. Die
Wêreld-Asmadag val vanjaar op 2 Mei en die doel is om meer mense van die
siekte, wat taamlik algemeen voorkom, bewus te maak. Vir die
wedstryd moet kinders 'n gedig skryf met die tema asemhaal, lug of enige ander
onderwerp wat met asma verband hou. Pryse sluit in 'n Sony
Playstation2 vir kinders van 11 jaar en jonger. Leerlinge wat 12 jaar en ouer
is, staan die kans om 'n Apple 30iPod met video los te slaan. Die skool wat die
beste gedig instuur, wen pryse van R3 500. Die volgende inligting
moet saam met die gedig ingestuur word: deelnemer se naam, ouderdom, skool, telefoonnommer
en huisadres. Deelnemers moet ook noem of hulle asma het of nie. Inskrywings
kan per e-pos gestuur word na luvuyo@mweb.co.za of stuur dit per slakkepos aan:
WAD koördineerder, p/a Pediatriese sekretaresse, Rooi Kruis-kinderhospitaal, Klipfonteinweg,
Rondebosh, 7700. Inskrywings sluit op
29 April 2006. |