| Wen met jou
kinderverhaal! In 'n wêreld van Playstation, DVD's, die internet en
rekenaarspeletjies is 'n interessante, boeiende en relevante boek die enigste
manier om kinders steeds lief te maak vir lees. Die ATKV wil deur die ontwikkeling
van skrywers en die skep van nuwe kinderboeke die wonderwêreld van lees
aan kinders oopmaak. Die provinsie van Antwerpen in België deel saam
met die ATKV die passie van kinderboekontwikkeling in Suid-Afrika. Ingevolge 'n
ooreenkoms wat die provinsie van Antwerpen met die ATKV gesluit het, het die provinsie
'n jaarlikse bedrag vir die ontwikkeling van kinderboeke in Suid-Afrika beskikbaar
gestel - nie net vir die skryf van kinderboeke nie, maar ook vir die uitgee en
die verspreiding daarvan. Een van die projekte wat uit die ooreenkoms voortspruit,
is 'n kinderverhaalwedstryd. Dié wedstryd is in die verlede reeds twee
keer met groot sukses aangebied met bykans 400 inskrywings wat elke keer ontvang
word. Die topverkopertitel, Nag van die monsters deur Jaco Jacobs, is een
van die suksesverhale van hierdie inisiatief. Hierdie verhaal is danksy die finansiële
steun van die provinsie van Antwerpen uitgegee. Skryf daardie storie wat
jy jouself al jare lank beloof om te doen en wie weet, dalk wen jy die groot prys
en net miskien word jou verhaal as 'n boek uitgegee! SLUITINGSDATUM Die
sluiting van die kinderverhaalwedstryd is Donderdag, 30 November 2006. KATEGORIE
EN WOORDTELLING Deelnemers moet in ag neem dat die verhale geskik
moet wees vir verhale vir kinders van 8 tot 12 jaar. Die woordtelling vir hierdie
verhale beloop tussen 5 000 en 20 000 woorde. PRYS R12
000 is in totaal op die spel. Die wenner ontvang R6 000, die tweede prys beloop
R4 000 en die persoon in die derde plek kan 'n volle R2 000 huis toe neem. INSKRYWINGS Moenie
langer wag nie - skryf sommer nou in! Stuur jou verhaal met 'n inskrywingsvorm
na Taalgenoot/Kinderverhaalwedstryd, Posbus 4586, Randburg 2125. REËLS -
Die sluitingsdatum van die wedstryd is 30 November 2006. Geen laat inskrywings
sal aanvaar word nie.
- Skrywers mag 'n onbeperkte aantal verhale inskryf
solank dit aan die voorgeskrewe lengte van 5 000 tot 20 000 woorde voldoen.
-
Deelnemers hoef nie ATKV-lede te wees nie.
- Verhale hoef nie geïllustreer
te wees nie.
- Vier kopieë van elke verhaal, elk met 'n inskrywingsvorm,
moet ingesluit word. Inskrywingsvorms kan ook afgerol word.
- Verhale moet
getik en op A4-grootte papier voorgelê word. Geen handgeskrewe inskrywings
sal aanvaar word nie.
- Die beslissing van die beoordelaars is finaal en
geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Taalgenoot en LAPA
Uitgewers behou die reg voor om enige van die ingeskrewe verhale redaksioneel
te versorg en te publiseer. Skuilname mag gebruik word, maar die skrywer se regte
naam en van moet op die inskrywingsvorm verskyn.
- Die naam van die skrywer
mag slegs op die inskrywingsvorm verskyn en nie op die verhaal self nie.
-
Taalgenoot behou die reg voor om een of meer van die pryse nie toe te ken indien
die standaard van die inskrywings nie na wense is nie.
INSKRYWINGSVORM ONTHOU
...
om vier kopieë van elke verhaal, elk met 'n eie inskrywingsvorm, in te stuur!
die naam van die skrywer mag slegs op die inskrywingsvorm verskyn en nie by die
verhaal self nie. Naam: Skuilnaam (indien verkies): Posadres: Poskode: Telefoonno.:
(H) (W) Sel: BESONDERHEDE VAN INSKRYWING: Titel van verhaal: Hiermee
verklaar ek, die ondergetekende, dat die ingeslote werk my eie, oorspronklike
werk is. Ek onderwerp my aan die reëls van die wedstryd soos hier uiteengesit. Handtekening:
Datum: |