| Werkswinkels in kreatiewe skryfwerk vir jongmense
en mense wat betrokke is by jongmense. Aangebied deur die Eenheid vir Navorsing
in Kinderliteratuur, Universiteit van Suid-Afrika en vyf bekroonde Vlaamse jeugboekskrywers. Upington,
22-26 Augustus 2006 I.
Werkswinkel in kreatiewe skryfwerk vir jongmense
Dinsdag 22
tot Donderdag 24 Augustus 2006 Upington (Hoërskool Upington)
Kursusgangers
kies vantevore een genre (prosa, poësie, toneel of joernalistiek) en volg
vir drie dae 'n werkswinkel in die betrokke genre by dieselfde kursusleier. Marita
de Sterck is verantwoordelik vir prosa, Els Beerten vir
toneel, Daniel Billiet doen poësie en Kolet
Jansen joernalistiek. Daar sal dus vier groepe wees waarin verskillende genres
ter sprake kom.
Die werkswinkel vind in drie sessies plaas: van 14:00 tot
16:00, van 16:15 tot 18:15 en dan is daar van 18:30 tot 19:00 'n halfuur waartydens
kursusgangers op hulle eie skryf en die kursusleiers teenwoordig is om te help
en vrae te beantwoord.
Koste: R250.00 (middagete ingesluit) II.
Werkswinkel vir mense wat opleiding wil gee in kreatiewe skryfwerk. Die kursus
is gemik op onderwysers, bibliotekarisse, mense wat met jongmense werk
mense wat self skryfkursusse wil aanbied
Vrydag 25 en
Saterdag 26 Augustus 2006 Upington (Hoërskool Upington)
Deelnemers
aan hierdie kursus maak met alle genres en alle kursusleiers kennis. Deelnemers
word in 4 groepe verdeel en ontvang afwisselend opleiding by Kolet Janssen (joernalistiek),
Daniel Billiet (poësie), Els Beerten (toneel) en Marita de Sterck (prosa).
Vrydag:
van 14:00 tot 16:00, van 16:15 tot 18:15. Saterdag: van 09:00 tot 11:00 en
van 11:30 tot 13:30
Koste: R200 (middagete ingesluit) Navrae:
Thomas van der Walt (vdwaltb@unisa.ac.za) of Felicité
Fairer-Wessels (012 4203955; 0845104844 (ffairer-wessels@up.ac.za of Faks: 012
4203349) Inskrywingsvorm beskikbaar by: http://www.childlit.org.za/Creatief2006Reg.html Of
vra aan by Felicité Fairer-Wessels Aanbieders: Els
Beerten
Els Beerten het Nederlands en Engels studeer
aan die Koninklijke Universiteit van Leuven (1977-1981). Sy het terselfdertyd
onderwysopleiding aan dieselfde universiteit gevolg en van 1981 tot 1983 woon
sy die Toneelacademie in Maastricht, Nederland, by. Sedert 1985 is Els onderwyseres
in Nederlands en Engels en gee sy opleiding in kreatiewe skryfwerk en teater aan
die Sint-Jozefscollege van Aarschot. Van 2004 af gee sy ook les in kreatiewe skryfwerk
(prosa) aan de Schrijversacademie van Antwerpen.
Haar eerste boek, Scènes
(1987) het die Kannunik Michielsprijs ontvang as beste jeugboek. Haar nuutste
boek, Lopen voor je leven, het in Augustus 2003 verskyn. Net soos in al haar vorige
boeke staan die temas van geborgenheid, eerlikheid en vertroue hierin sentraal.
Daarnaas behandel die boek ook die tema van erfskuld, 'n tema wat Beerten in haar
volgende boek verder uitdiep.
Skryf is vir haar 'n manier om die wêreld
te beheers, om begrip daarvan te probeer kry. "Ek lees wat ek skryf en ek
dink: 'Aha. So sit ek dus inmekaar." Sy bly op soek na die regte woord vir
die regte beeld. "Dit is veral 'n kwessie om geduld te hê."
Lopen
voor je leven is bekroon met die volgende pryse: Gouden Zoen 2004, De Kleine Cervantesprijs
2005, De Jeugdjuryprijs Vlaanderen 2005, De Kannunik Michielsprijs 2005. Die vertaling
in Duits, Lauf um dein Leben (2005) het die vermelding "Buch des Monats,
Mai 2005", ontvang.
Werkswinkel in die
skryf van toneel vir jongmense (22-24 Augustus 2006) Die
teater is een van die veiligste plekke op aarde. Jy mag daar lag, huil, soen,
baklei, fluister, skreeu ... en niemand kyk skeef na jou nie. Inteendeel. As
deel van die kursus gaan ons In hierdie veilige ruimte eksperimenteer met alles
om en in ons: ons liggame as instrumente, die ruimte om ons en die moontlikhede
en grense daarvan. Geleidelik gaan ons dan begin om verhale te vertel van 'n verhoog
af - aan 'n publiek. Watter gesigsuitdrukking, watter gebare, watter klanke, watter
woorde gebruik ons? Hoe bou ons spanning op, hoe hou ons die spanning, hoe hou
ons die publiek vasgenael op hulle stoele? Ons improviseer en probeer, ons
skryf en probeer. In hierdie kursus is jy die akteur, skrywer,
publiek en regisseur. Waarom moet jy hierdie kursus bywoon?
Omdat jy baie dinge kan en wil doen ... of omdat jy dalk skaam is om alleen te
probeer. Of omdat jy graag toneel speel. Of gewoon omdat die verhoog een van die
lekkerste plekke op die aarde is. Werkswinkel
in die skryf van toneel vir onderwysers of volwassenes wat met kinders werk
(25-26 Augustus 2006) Dit is baie interessant om die teater
aan jongmense aan te bied as 'n plek waar hulle hul eie en ander mense se verhale
kan vertel. Els Beerten put in hierdie kursus uit haar eie ervaring. Eers word
'n oorsig gegee van die opleiding wat aan jongmense aangebied word en daarna word
inleidende oefeninge gedoen ter bewusmaking van die medium waar alle ekspressie
begin: ons eie liggaam. Ons eksperimenteer met die liggaam as medium van ekspressie
en met die ruimte om ons en die moontlikhede en grense daarvan. Die
kursus word afgerond met 'n oefening waarin temas soos spanning, konflik en humor
op die verhoog aan die bod kom. Daniel
Billiet
Daniel is gebore in Gent (hy glo dit is die mooiste
stad in die wêreld) as een van ses kinders. Hy het daarvan gedroom om 'n
professionele basketbalspeler te word, maar hoewel hy vinnig was, het Daantje
te klein gebly om op die hoogste vlak te speel. Op papier speel lengte egter nie
'n rol nie, en hy het vinnig goed presteer in die "naelloopgenre van die
literatuur', die poësie. Hy het jare lank entoesiasties
gewerk as onderwyser in Nederlands en die laaste 10 jaar is hy voltydse outeur
en dosent in kreatiewe skryfwerk. Hy wil die graagste op pad iewers heen wees
- die doel is die reis. Hy het as vrywilliger gewerk in Nicaragua, 'n jaar lank
deur Namibië geswerf, gereis in Rwanda, Indonesië, die Verenigde State,
Suid-Afrika, Indië, Sri Lanka
Hierdie reiservarings sypel deur in
sy gedigte en verhale, soos in Moenie worry nie (1999) en Een wereldkaart op ware
grootte (2002). Daniel is veral bekend as (jeug)digter met
12 publikasies en sy gesigte is wyd opgeneem in bloemlesings. Hy skryf ook literêre
kritiek, hoorspele, prenteboeke, kortverhale, 'n jeugroman, toneel
ook
'n dokumentêre televisieprogram, "Drie Vrouwen", indringende portrette
van drie langtermyn-vrouegevangenes van Gent. Hy stel bloemlesings
van poësie en prosa saam oor kinderregte, moderne kuns, diereregte en kinders
van asielsoekers en lei sosiaal-artistieke skryfprojekte onder gevangenes, jongmense
sonder geleenthede, slagoffers van ernstige misdade, asielsoekers en bejaardes.
In 2006 verskyn 'n nuwe digbundel Wat van de liefde niet gezegd
kan worden (Afijn) en 'n jeugverhaal Dit is mijn huis, zei het water. Werkswinkel
in die skryf van poësie vir jongmense (22-24 Augustus 2006) Die
skryfopdragte van hierdie kursus begin elke keer met 'n plakkaat of 'n strokiesprent
of iets verrassends. Daar is boeiende en leersame ooreenkomste tussen strokiesprente
en gedigte. In beide genres word gepoog om met 'n minimum "materiaal"
'n maksimum suggestie te skep. Kursusgangers skryf 'n eie weergawe
of vervolg of 'n teenoorgestelde of 'n eie interpretasie van Daniel Billiet se
gedigte wat in Afrikaans vertaal is. Dit gaan nie net 'n nabootsing wees nie -
ons gaan stap vir stap soek na en werk aan 'n eie gedig - een waar die oorspronklike
gedig nie meer ter sake is nie. Werkswinkel
in die skryf van poësie vir onderwysers of volwassenes wat met kinders werk
(25-26 Augustus 2006) Poësie is eintlik die mees dankbare
stukkie literatuur vir 'n taalonderwyser om in klasverband te gebruik. En die
keuse is oorrompelend ryk. Met baie fantasie, waagmoed en 'n bietjie oefening
kan heel uiteenlopende boeiende poësielesse gegee word - en dit is nie eers
nodig dat die onderwyser oor moderne tegnologie hoef te beskik nie. In
hierdie kursus word 'n aantal moontlikhede van hoe daar in die klas op 'n kleurryke
en verrassende manier met poësie gewerk kan word, gewys en daarmee gespeel. Kolet
Janssen
Kolet Janssen (°1955) het Godsdienswetenskappe
aan die Koninklijke Universiteit Leuven studeer en is deeltydse onderwyser. Sy
het sedert 1988 meer as 40 boeke geskryf - fiksie en niefiksie. Sommige van haar
titels is Het duivelskind (1991), Mijn broer is een orkaan (1994), Eiland (1996),
Ik geloof dat ik geloof (1997, prijs religieuze boek), Wisselkind (2000), Seks,
hoe voelt dat? (2003), De vlecht (2005), Onweerstaanbaar (2006). Sy is 'n vryskut
medewerker van die tydskrifte van Averbode Zonnestraal, iD, Samuel en Simon. Sy
gee ook werkswinkels in kreatiewe skryfwerk en joernalistiek (o.a. 'n literêre
projek van die Stad Leuven in gemeenskapsentra in 2005-2006). Tipies
aan die styl van Kolet Janssen is die helder, eenvoudige taal. In haar fiksiewerke
kom temas soos gesinsverhoudings, aanneming en outisme aan bod. Haar niefiksiewerk
handel meestal oor temas soos seksualiteit en verhoudings, geloof en familie.
Werkswinkel in die skryf van niefiksie vir
jongmense (22-24 Augustus 2006) 'n
Fiktiewe verhaal hou dikwels die aandag van die leser vas omdat hy wil weet hoe
die verhaal afloop. Die skrywer van niefiksie het nie dié voordeel nie.
Tog is dit vir hom ook baie belangrik om die leser tot aan die einde geboei te
hou. Watter verleidingstegnieke kan die skrywer daarvoor gebruik? Hoe kan die
leser se aandag getrek word. Hoe kan die skrywer die leser aan die nek gryp sodat
hy nie kan help om verder te wil lees nie? Hoe kan die teks gestruktureer word?
Op watter manier kan voorbeelde gebruik word? Hoe word begin en wat word tot laaste
gelos? Hoe word inligting uit bronne verwerk? Wat kan gedoen word met aanhalings?
Hoe kan inligting geselekteer word? Hoe kan 'n nuusberig geskryf word op
'n manier dat die leser nie ophou lees na die eerste sin nie? Hoe kan 'n sprankelende
opskrif vir 'n artikel uitgedink word? Hoe kan 'n saai onderwerp interessant voorgestel
word? Hoe kan 'n boeiende onderhoud geskryf word? In die kursus word met
nuusberigte (dag 1); informatiewe tekste (dag 2) en onderhoude (dag 3) geëksperimenteer.
Kursusgangers gaan leer hoe om boeiende tekste te skryf wat die leser uitasem
laat na die lees daarvan. Werkswinkel in die skryf
van niefiksie vir onderwysers of volwassenes wat met kinders werk
(25-26 Augustus 2006) 'n Fiktiewe verhaal hou dikwels die aandag
van die leser vas omdat hy wil weet hoe die verhaal afloop. Die skrywer van niefiksie
het nie dié voordeel nie. Tog is dit vir hom ook baie belangrik om die
leser tot aan die einde geboei te hou. Watter verleidingstegnieke kan die skrywer
daarvoor gebruik? Hoe kan die leser se aandag getrek word. Hoe kan die skrywer
die leser aan die nek gryp sodat hy verder kan lees? Hoe kan die teks gestruktureer
word? Op watter manier kan voorbeelde gebruik word? Hoe word begin en wat word
tot laaste gelos? Hoe word inligting uit bronne verwerk? Wat kan gedoen word met
aanhalings? Hoe kan inligting geselekteer word? Kolet Janssen beskryf in
die kursus hoe 'n mens hierdie uitdaging met jongmense kan aangaan. 'n Oorsig
word gegee van die oefeninge wat vir die verskillende stappe in die proses gedoen
kan word. Daar word geëindig met kort praktykoefeninge. Marita
de Sterck
Marita de Sterck het literatuur en perswetenskap aan die Rijks
Universteit Gent en antropologie aan die Koninklijke Universiteit Leuven studeer.
Sy doseer leeskultuur aan die Bibliotheekschool van Gent en gee werkswinkels in
die skryf van verhale. Sy het prenteboeke, boekies vir beginnende lesers, inligtingsboeke
oor ander kulture, maklike-lees-verhale, jeugromans en boeke oor jeugliteratuur
gepubliseer. Daar loop 'n lyn van die groeirituele en die inwydingsverhale wat
sy as antropoloog bestudeer en versamel het, na haar jeugromans. 'n Terugkerende
tema in haar werk is hoe jy kan leer liefhê sonder om jouself te verloor.
Ook die krag van vertel en die verhoudings tussen die generasies duik dikwels
in haar werk op. Splinters, wat in 2000 bekroon is deur die Jeugjurie van Vlaandere,
vertel hoe Anton en Jutta meegesleur word in 'n lastige liefde waarin die verlede
kort-kort weer kop uitsteek. Wild vlees, wat in 2001 bekroon is met die "Gouden
Zoen", handel oor verlies en gemis, maar ook oor die beste teenhanger - die
liefde. In Op kot (Jeugdjury Vlaanderen, 2004) gooi nagmerries vir Nina terug
in die tyd. Hoe ver kan die geheue teruggaan? In Met huid en haar (Zilveren Zoen,
2005), wil Joppe uitvind wat sy sterwende oupagrootjie verswyg, maar hy ervaar
dat nog die dood, nog die liefde hulle laat stuur. In 2006 verskyn Kwaad bloed,
'n roman wat handel oor vrou word in die jare '50. Wat vertel die liggaam as die
volwassenes hulle dom hou? 'n Bundel met inisiasieverhale uit verskillende
kontinente word tans voorberei. Werkswinkel in die
skryf van prosa vir jongmense (22-24 Augustus 2006) Elke mens is
'n drom vol verhale. Verhale van voorouers, familie, vriende
hulle gons
deur ons koppe en liggame. Watter verhale bly ons by? Watter verhale vra om opgeskryf
te word? Hoe word dit gedoen met die nodige respek vir die oorspronklike verteller
... n sonder om jou eie oorspronklikheid uit te skakel? Afrika weerklink van verhale,
sowel tradisionele vertellings as moderne "urban legends". Ons probeer
om hulle op te vang op papier. Daar is wins, en daar is verlies. Daar moet gekies
word - voor ons skryf, terwyl ons skryf. Keuses hou ook verlies in
maar
is ook 'n leerproses. In die kursus word met riller-elemente gespeel wat
die lesers op die punte van hulle stoele sal laat sit. Marita de Sterck en die
kursusgangers gaan hulle in hul eie en ander mense se angste verdiep. Hoe misterieus
kan 'n raaiselverhaal (mystery) wees? Hoe sleg mag 'n boef wees? Daar gaan probeer
word om spannende karakters op papier te kry ... karakters wat die lesers aan
die keel sal gryp. Daar sal gepoog word om spanning op te bou in die skryfoefeninge.
Marita en die kursusgangers gaan oefen en kyk na goeie voorbeelde uit die literatuur
en die filmwêreld. Werkswinkel in die skryf
van prosa vir onderwysers of volwassenes wat met kinders werk (25-26 Augustus
2006) Elke jongmens het een of ander tyd na 'n mondelinge verhaal geluister
- van oupas of oupas, ouers, bekendes, of wie ook al. Mondelinge literatuur het
baie wat interessant is om aan te bied vir slypskole in kreatiewe skryfwerk. Marita
de Sterck illustreer in hierdie kursus hoe sy met groepe jongmense werk rondom
die tema "mondelinge verhale". Sy sal haalbare metodiek en oefeninge
voorstel wat jongmense sover kan kry om die oraliteit in hulle omgewings in hulle
eie skeppingswerk in te skryf. Ook hier gaan Marita en kursusgangers speel
met riller-elemente en hulle in hul eie en ander mense se angste verdiep. Hoe
misterieus kan 'n raaiselverhaal (mystery) wees? Hoe sleg mag 'n boef wees? Daar
gaan probeer word om spannende karakters op papier te kry ... karakters wat die
lesers aan die keel sal gryp. Daar sal gepoog word om spanning op te bou in die
skryfoefeninge. Marita en die kursusgangers gaan oefen en kyk na goeie voorbeelde
uit die literatuur en die filmwêreld. 2006-07-25 |