| Ons doen die volgende kinderproduksie aan
die einde van September 2006. ALMAL VANAF 1 tot 100 plus is
welkom! Dis heerlike Lente! Ons twee gewilde en geliefde
muismaats, Frikkie & Prikkie is weer vol streke en dinge. Maatjies, kom kuier
die Lentevakansie in Sonneland! Kom ontmoet al jou gunsteling karaktertjies en
kom kyk self waar Sonnetjie & Blommetjie nou regtig woon. Sonnewoud is vol
geheime en die Sonneblomlande staan goudgeel in volle blom! Frikkie & Prikkie
gaan sorg vir groot pret en plesier! Sonnekas is natuurlik ook daar - maar die
keer kan julle almal alles REGTIG EGTIG kom beleef! Kom kuier saam met ons in
die allermooiste, lekkerste, warmste en liefste plekkie wat daar is... Ons Sonneland!
Sien julle daar! Mamma, bring jou kleinding en sy maatjies
saam, haak in by n vriendin! Hier is veilige en gratis parkering! Kom ontmoet
Frikkie & Prikkie en al die Sonneland karaktertjies in lewende lywe! Onthou
om jou beursie saam te bring, want hier is die oulikste handpop-boekies en die
hope Afrikaanse LAPA storieboeke te koop, asook heerlike goeters om aan te smul!
VENUE: Bethel Chapel (#621 Beagle Road, Garsfontein X 13, Pretoria
Oos) DATUM: Dinsdag, 26 Septermber tot Saterdag, 30 September TYD:
10:00vm & 14:00nm PRYS: R30 per kind & R35 per volwassene
BESPREKINGS: Skakel Dúlinda of Carin
by 082 467 7434 084 581 4341 (012) 997-2491 dulinda@telkomsa.net |