| Die geleentheid waarvoor almal gevra het:
n Dag van teater, boeke en wyn op De Compagnie Wynlandgoed.
Die avonture van wilde Willemientjie
KANNA-pryswenner vir die Beste Kinderproduksie (KKNK 2006) word opgevoer op die
plaas waar dié wilde meisiekind ontstaan het 11 November 2006, 10:00
Die avonture van Wilde Willemientjie is 'n musikale kinderversdrama
uit die hoogste rakke. Dit spog met n sterbelaaide rolverdeling van jong,
bekroonde akteurs. Dit is n energieke, vrolike, interaktiewe opvoering gemik
op kinders van alle ouderdomme. (Kinders ouer as 60 word wel aangeraai
om voor die vertoning deeglik uit te rus, aangesien die akteurs geen verantwoordelikheid
aanvaar vir algehele uitputting nie!) Regie en musiekregie word
gedoen deur Niël Rademan. Die rolverdeling is Lindi Smit as ouma,
mamma, Cassandra en die bose jagter, Deon van Zyl as oupa, pappa, die skelm skurk
en die gemsbok, en Burnese Cronjé as die nimlike en onweerstaanbare Willemientjie.
Die stelontwerp is deur Jacolene de Haan. U word hartlik
uitgenooi om deel te wees van hierdie unieke geleentheid. Kom geniet die oggend
saam met ons en ontspan in De Compagnie se skaduryke tuin. Gaste sal ook die geleentheid
kry om De Compagnie se wyn en brandewyn te proe, boeke te koop en die akteurs
te ontmoet. Toegangsfooi: Volwassenes: R20,00 Kinders:
R10,00 RSVP voor Woensdag 8 November Riana
Scheepers 082 8911 025 rianas@mweb.co.za 021
864 1241 |