| Die Derde
Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur Third Conference
on South African Children's Literature Khonferense ya boraro ya Aforika Borwa
ya ditlhangwa tsa bana 17 - 20 September 2007 Noordwes-Universiteit,
Potchefstroomkampus, Suid-Afrika. Uitnodiging
vir bywoon van konferensie en lewer van referate Suid-Afrika
is 'n veeltalige en mulitkulturele samelewing waarin mense toenemend trots is
op die ontwikkel van hulle eie tale en kulturele erfenis. Kinder- en jeugliteratuur
en diegene wat daarby betrokke is, vervul 'n belangrike rol om positiewe verandering
in die samelewing te bewerkstelling. Belanghebbendes op die terrein van kinder-
en jeugliteratuur het reeds die afgelope aantal jare probleme, uitdagings, oplossings
en suksesse met mekaar gedeel, waardeur 'n gesonde gesprek ontwikkel het en wat
die belofte inhou van samewerkingsmoontlikhede met die potensiaal om 'n rykdom
van literêre winste op te lewer. Hierdie pogings word ook deur staatsbeleid
ondersteun. Soos die vorige konferensies, is hierdie konferensie vir almal
wat op een of ander manier betrokke is/wil wees by die produksie (bv. mondelinge
vertellers, skrywers, illustreerders, vertalers, uitgewers), bemarking en verspreiding
(bv. uitgewers, agente, boekhandelaars), bemiddeling (bv. onderwysers/ fasiliteerders,
ouers, bibliotekarisse, en die media - koerante, radio, televisie) en resepsie
(reaksie van kleuters, kinders en tieners op bv. verhale, poësie, toneel
en film) van kinder- en jeugliteratuur. Referate
oor Suid-Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur word verwelkom, insluitende die
volgende onderwerpe: - Produksie van kinderliteratuur: onderwerpe
en temas in kinder- en jeugliteratuur, mondelinge storievertelling, die skryf
van verhale, gedigte, drama/toneel, die uitgewerswese.
- Gesigspunte met
betrekking tot die "behoefte" van die "mark", om by die "hoofstroom
in te skakel" en/of/maar om skryf as 'n daad van verset teen globalisasie.
-
Illustrasies in kinderboeke.
- Die hibridisering van verskillende genres
en style in die skryf en illustreer van kinder- en jeugboeke.
- Die invloed
van die inhoud, styl en ander aspekte van die sisteme van die kinder- en jeugliteratuur
van verskillende dele van die wêreld op Suid-Afrikaanse kinder- en jeugliteratuurliteratuur.
- Bemarking en verspreiding: agente, die boekwinkelbedryf.
- Mediëring:
die voorlees van verhale en gedigte, kinderteater, fasilitering van kleuter-,
kinder- en jeugliteratuur in alle skoolfases, biblioterapie, narratiewe terapie.
-
Resepsie: leesbehoeftes en leespatrone van Suid-Afrikaanse kleuters, kinders en
tieners, lesersreaksies.
- DEAR - Los Alles En Lees (Drop Everything and
Read, Drop All And Read)
- Humor in kinderliteratuur.
- Liminale
ruimtes in Suid-Afrikaanse kinder- en jeuglteratuur, byvoorbeeld drumpeloorgange
vir die uitwisseling van taal en ander kulturele goedere tussen en oor die grense
van verskillende tale.
- Kinderliteratuurgeskiedskrywing in/oor die verskillende
en verwante Suid-Afrikaanse tale - aspekte van die oorbrugging van probleme en
die ontwikkeling van kinder- en jeugliteratuur binne die breë liminale ruimtes
waar Suid-Afrikaanse tale ontmoet.
- Vergelykende studies in Suid-Afrkaanse
en die internasionale konteks.
- Ooreenkomste en verskille tussen die identiteite
van verskillende tale en taalgroepe in die breë Suid-Afrikaanse taallandskap,
byvoorbeeld die ooreenkomste en verskille tussen kinder- en jeugliteratuur van
die Nguni-tale en kinder- en jeugliteratuur in die Sotho-tale.
- Ooreenkomste
en verskille tussen Suid-Afrika as veeltalige land en ander veeltalige lande.
-
Die bevordering van literatuur vir kleuters, kinders en tieners in alle Suid-Afrikaanse
tale
Referate mag in enige van die amptelike tale van Suid-Afrika
gelewer word. Opsommings van referate wat in ander tale as Engels gelewer word,
moet van 'n Engelse opsomming vergesel wees. Simultane tolking sal beskikbaar
wees. Die organiseerders moet ten minste drie maande voor die konferensie gekontak
word sodat die nodige reëlings hiervoor getref kan word. Spesiale
toevoeging tot die konferensie is 'n aantal skryf-/redigering-/praktiese sessies
met die tema "Skryf (oor) Suid Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur".
Hierdie deel van die konferensie behels praktiese sessies oor die skryf van akademiese
artikels sowel as die skryf van kinderliteratuur (verhale en gedigte). Die sessies
word aangebied deur gerekende skrywers op die terrein van kinder- en jeugliteratuur:
Prof Maria Nikolajeva (Stockholm, Swede), skrywer van akademiese artikels en boeke
sowel as fiksie; prof Elwyn Jenkins, skrywer van etlike artikels en boeke oor
kinder- en jeugliteratuur; prof Osa Osayimwense, redakteur van African Children
and Youth Literature (JACYL), en prof Hans du Plessis, Direkteur van die ATKV-Skryfskool
in Potchefstroom. Volledige inligting op webblad: http://www.puk.ac.za/fakulteite/lettere/klw/kinderlitkonf07/kinderlitkonf07.html Datums:
30
April 2007: Finale voorstelle van titel, opsomming (250 woorde) en 'n kort CV
(100 woorde). Registrasie (betaling ingesluit). 3 September 2007: Laaste dag
van registrasie (betaling ingesluit). Opsomming
van die referate moet per e-pos of slakkepos gestuur word aan:
Betsie
van der Westhuizen Vakgroep Afrikaans en Nederlands Skool vir Tale Fakulteit
Lettere en Wysbegeerte Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus) Privaatsak
6001 Potchefstroom 2520 Suid-Afrika Tel.: +27 18 2991491 or: 018
2991491 Faks: +27 18 2991562 or: 018 2991562 E-pos: Betsie.VanDerWesthuizen@nwu.ac.za
Navrae oor enige aspek van die konferensieprogram
kan gerig word aan:
Betsie van der
Westhuizen Vakgroep Afrikaans en Nederlands Tel.: +27 18 2991491
of: 018 2991491 Faks: +27 18 2991562 of: 018 2991562 E-pos: Betsie.vanderwesthuizen@nwu.ac.za
OF:
Franci Greyling Vakgroep
Skryfkuns Skool vir Tale Fakulteit Lettere en Wysbegeerte Noordwes-Universiteit
(Potchefstroomkampus) Privaatsak 6001 Potchefstroom 2520 Suid-Afrika
Tel.:
+27 18 2991783 or: 018 2991783 Faks: +27 18 2991562 or: 018 2991562 E-pos:
Franci.Greyling@nwu.ac.za OF: Dolly Dlavane Skool
vir Onderwysersopleiding (Mens-georiënteerde skoolvakke) Afrikatale Fakulteit
Opvoedkunde Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Privaatsak 6001 Potchefstroom
2520 Suid-Afrika Tel.: +27 18 2991817 or: 018 2991817 Sel: +27
83 766 4096 Faks: +27 18 299 4238 E-pos: Dolly.Dlavane@nwu.ac.za |