| Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar die gewilde
Herfsskool vir skrywers van 26 - 30 Maart op Nooitgedacht naby Potchefstroom aan. Bekende
skrywers en kundiges tree as aanbieders op: Jan Swanepoel, Coenie de Villiers,
Franci Greyling, PG du Plessis, Heilna du Plooy, Thalyta Swanepoel, Hans du Plessis,
Gerhard van Huyssteen, Leon de Villiers, Anzil Kulsen, Dana Snyman, Marlise Leyden,
Christine Barkhuizen-Le Roux en Deon Meyer. Die Herfsskool word in samewerking
met Lapa-uitgewers aangebied en kursusgangers kry ook geleentheid om met die uitgewer
te gesels. Enige mens wat sy of haar eie skryfwerk wil verbeter, is welkom
om vir die 5 dae die Herfsskool by te woon. Herfsskoolgangers ontmoet bekende
skrywers, kry direkte terugvoer op hulle eie skryfpogings, woon werkswinkels by
en gesels met voornemende skrywers oor skryf! Daar is vier bene in die kursus
waaruit u kan kies, nl. prosa, poësie, kinderliteratuur, en rubrieke. Die
koste vir vanjaar se Herfsskool is R1 800 per persoon wat selfsorg verblyf vir
4 nagte insluit, alle etes behalwe ontbyt ingesluit. Die ATKV-Skryfskool
bied vanjaar ook verskeie naweek- en dagkursusse regoor die land aan. In September
bied die Skryfskool ook 'n driedaagse Lenteskool aan. Vir
verdere besonderhede skryf of e-pos of skakel Kobie van Aswegen by: ATKV-Skryfskool Privaatsak
X6001 POTCHEFSTROOM 2520 Tel: (018) 299-1783 Faks: (018) 299-1784 E-pos:
Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za |