Werfjoernaal
 
2007-03-25

werfjoernaal
argief



Babalela-vertonings

Alle Babalela aanhangers. Ons voer die komende Paasvakansie Babalela by twee fantastiese teaters op. Julle mag dit nie misloop nie. Self al het julle die ene in Garsfontein bygewoon. Kom kuier maar gerus weer - want onthou julle kleingoed is nou 1 jaar ouer en wyser en gaan Babalela en sy maatjies nou net meer geniet. Miskien is daar al 'n nuwe kleinding. Bring hulle weer.

Ons sien so baie uit na julle kuier.

"Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, diep, diep in 'n donker bos, waar die varings welig, diepgroen staan, diep, diep in 'n donker bos, in 'n hol boomstomp net onder 'n blaar, woon die Babalela, en…Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy rye en rye skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; en die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie." Martie Preller

Mamma, bring jou kleinding en sy maatjies saam, haak in by 'n vriendin. Hier is veilige en gratis parkering. Kom ontmoet die Babalela in lewende lywe. Onthou om jou beursie saam te bring, want hier is Babalela T-hempies, Babalela Poppies en die twee gewilde Babalela storieboeke asook heerlike goeters om aan te smul.

DATUM: 27-31 MAART 2007

VENUE: CENTURION TEATER
(Amkorweg #123, Lyttelton Manor, Centurion)

DATUM: Dinsdag, 27 Maart tot Saterdag, 31 Maart 2007

TYD: 10:00vm elke oggend.

KAARTJIES: R30.00 per kind; R35.00 per volwassene

BESPREKINGS:

Skakel Dúlinda Pieters: 082 467 7434; (012) 997-2491 dulinda@telkomsa.net

Skakel Centurion Teater: (012) 664-7859 lorinda@centurionteater.co.za

DATUM: 3-5 APRIL 2007

VENUE: PIERNEEF TEATER
(Hoek van Pierneefstraat en Mogglaan, Villieria)

DATUM: Dinsdag, 3 April tot Donderdag, 5 April 2007

TYD: 10:00vm elke oggend!

KAARTJIES: R30.00 per kind; R35.00 per volwassene

BESPREKINGS:

Skakel Dúlinda Pieters: 082 467 7434; (012) 997-2491 dulinda@telkomsa.net

Skakel Pierneef Teater: (012) 329-0709
pierneefteater@absamail.co.za


Dúlinda Pieters EnterActive Productions CC
Tel: (012) 997-2491
Cell: 082 467 7434

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2007