| OPROEP
OM BYDRAES Ons nooi alle ongepubliseerde en gevestigde
skrywers/literêre vertalers uit om hul oorspronklike werk en/of literêre vertalings
vir publikasie voor te lê. Oorspronklike werk en/of vertalings (poësie, kortverhale
en folklore) in die elf amptelike landstale, asook Frans en Nederlands, is welkom.
Vir voorleggingsriglyne besoek gerus www.lingo.org.za of stuur
'n e-pos na lingotrans@mweb.co.za indien jy enige verdere navrae oor die voorleggingsproses
het. Alle voorleggings kan gestuur word na: lingotrans@mweb.co.za www.lingo.org.za
(Lingo) bied 'n unieke publikasiegeleentheid aan skrywers, digters en literêre
vertalers om hul ongepubliseerde werk op 'n interaktiewe wyse met 'n groter teikengehoor
te deel. Die tydskrif is so ontwerp dat dit diskoerse tussen skrywers uit diverse
linguistiese- en kulturele agtergronde sal aanwakker. Naas kreatiewe werk is daar
ruimte vir essays, besprekings en beskouings oor aspekte wat verband hou met literêre
vertaling. Akademici en gevestigde literêre vertalers word uitgenooi om sodanige
tekste aan die redaksie voor te lê om gespreksvoering oor die onderwerp in stand
te hou. In sy geheel wil www.lingo.org.za (Lingo) die volgende
doelwitte bereik: " bevordering van inheemse kulture in Suid-Afrika " publikasie
van innoverende literêre vertalings " skep van 'n kreatiewe platform vir skrywers
en literêre vertalers " bevordering van gedeelde kreatiwiteit Lingo word finansieel
ondersteun deur die National Arts and Culture Trust (ACT) en die Nederlandse Ambassade.
Navrae Alle
navrae aan: lingotrans@mweb.co.za of kontak Rudi Venter by tokkelos@netactive.co.za
of 082 431 6996 Om die elektroniese joernaal te besoek, gaan na: www.lingo.org.za
Adres
Lingo, Posbus
11372, Queenswood, 012,1 Suid-Afrika lingotrans@mweb.co.za Redaksie
Neil
Cochrane (uitvoerende redakteur/redakteur: Afrikaans) Rudi MR Venter (assistent
uitvoerende redakteur) Regina Mokghathi (subredakteur: Sepedi/Sesotho sa Leboa)
Nthatisi Bulane (subredakteur: Sesotho) Eric Mabaso (subredakteur: Xitsonga)
Refilwe Ramagoshi (subredakteur: Setswana) Kanakana Ladzani:(subredakteur:Tshivenda)
Buti Skhosana (subredakteur: isiNdebele) Thenjiswa Ntwana (subredakteur:
isiXhosa) Rachelle Gauton (subredakteur: isiZulu) Jeanne van Dyk (subredakteur:
Frans) Jacomien van Niekerk (subredakteur: Engels) |