|
Op 22 September 2003, die Maandag voor Aardklop,
word `n verteenwoordigende beraad oor Afrikaanse skrywer- en boekesake
op Potchefstroom gehou.
Die plek van die Afrikaanse skrywer en dié
van die Afrikaanse boek in `n veeltalige Suid-Afrika sal in die
dag se besprekings onder die loep kom. Hieronder word kwessies,
soos `n verteenwoordigende vereniging vir Afrikaanse skrywers en
boeke, die funksies van so `n vereniging en die samewerking tussen
boekemense bespreek.
Heelwat skrywers, wat die hele spektrum van Afrikaanse boekmense
verteenwoordig, het reeds aangedui dat hulle kom, deelnemers sluit
Elias Nel, Charles Malan, Andries Oliphant, Jeanette Ferreira, Rudi
Daniels, Hans du Plessis, Willem Fransman, Hein Willemse en `n verteenwoordigende
aantal uitgewers in.
Die ATKV-skryfskool van die PUK tree as fasiliteerder op en dit
word in samewerking met die ASV, Charles Malan se Boekebelange en
Afrikaanse uitgewers aangebied.
Omdat die Beraad niemand wil uitsluit nie, is enigiemand wat in
skrywers en/of boeke belangstel welkom om die Beraad by te woon
en aan die besprekings deel te neem.
Die Beraad word van 9:00 af gehou op Nooitgedacht, die konferensiesentrum
van die Potchefstroomse Universiteit op die wal van die Vaalrivier,
omtrent 30 km suidwes van Potchefstroom.
Registrasiegeld vir die Beraad beloop R50,00
en verdere inligting kan verkry word -van die ATKV-skryfskool (018)
299-1783 of by Ena Swart by die ATKV (011) 886-4888.
PROGRAM:
BERAAD OOR SKRYWER- EN BOEKESAKE
NOOITGEDACHT, POTCEFSTROOM
MAANDAG, 22 SEPTEMBER 2003, 09:00
FASILITEERDER: ATKV-SKRYFSKOOL VAN DIE PU VIR CHO
Beraadvoorsitter: Hans du Plessis (sessievoorsitters sal tydens
die Beraad gekies word)
Verwelkoming: Frits Kok
SESSIE 1 09:00-12:30
`N VERTEENWOORDIGENDE AFRIKAANSE SKRYWERSVERENIGING /
FORUM IN `N VEELTALIGE SUID-AFRIKA
VAN WAAR EN WAARHEEN? (09:00-10:30)
INLEIERS
Elias Nel
Charles Malan
Andries Oliphant
Algemene bespreking
TEE - 10:30 - 11:00
SKRYWERS EN BOEKE IN STRUKTURE: WINS OF VERLIES?(11:00-13:00):
INLEIERS
Jeanette Ferreira
Rudi Daniels
Algemene bespreking
MIDDAGETE
SESSIE 2 14:00 - 17:00: BOEKEBELANGE
Die plek van die Afrikaanse boek
INLEIERS
Protea
Nasboek
Lapa
CUM
Gemeenskapsuitgewers: Willem Fransman
Algemene bespreking
TEE: 15:30 - 16:00
Skrywers en boeke in die praktyk
Voorsitter: Hein Willemse
Algemene bespreking
Opsomming: Charles Malan en Elias Nel
BRAAIVLEIS

|