|
Die borg, Sanlam, het die prysgeld vir die Samlam-prys vir
Jeuglektuur ingrypend opgestoot. n Skrywer wat met n
Goue Prys wegstap, kry van nou af aan R12 000, en iemand wat n
Silwer Prys verower R6 000.
Die organiseerders soek hierdie keer vir n jeugverhaal waarin
musiek n rol speel. (n Rol, nie noodwendig die hóófrol
nie. Maar dit kan ook die hoofrol wees indien die storie dit vereis.)
Net soos verlede keer vind die wedstryd weer oor vier kategorieë
plaas, naamlik Afrikaans, Engels, Nguni-tale en Sotho-tale. In elke
kategorie is daar twee pryse op die spel: Goud en Silwer. Natuurlik
is publikasie op sigself ook al n prys.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Junie 2004.
Iinskrywings per e-pos word nie aanvaar word nie. Deelnemers moet
seker maak dat hulle 'n afskrif van die inskrywing hou.
Die name van die finaliste sal in Oktober 2004 aangekondig word,
en die name van die wenners in Maart 2005. Die wenboeke sal in Mei
2005 bekend gestel word. Hiermee word afgewyk van die formaat wat
die wedstryd tot dusver aangeneem het, naamlik dat die aankondiging
van die name van die wenners en die bekendstelling van die wenboeke
by een en dieselfde geleentheid plaasvind.
Reëls: Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2005
- Die wedstryd word in vier kategorieë aangebied: Afrikaans,
Engels, Nguni-tale en Sotho-tale.
- Daar is twee pryse in elke kategorie op die spel:
Goud: R12 000
Silwer: R 6 000
- Vereistes: 'n Verhaal waarin musiek 'n rol speel. Dit moet
geskik wees vir jong lesers (iewers tussen 12 en 18 jaar). Lengte:
tussen 25 000 en 45 000 woorde.
- Tafelberg onderneem om die wenromans te publiseer en behou
ook die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer.
- Terwyl inskrywings onder oorweging is, mag hulle nie elders
voorgelê word vir publikasie nie.
- Die beoordelaars behou die reg voor om een of meer pryse agterweë
te hou indien die gehalte van die inskrywings nie op peil is nie.
- Die wedstryd is slegs vir burgers van Suid-Afrika, Namibië,
Botswana, Lesotho en Swaziland oop.
- Inskrywings moet op A4-velle getik of uitgedruk wees, met dubbelspasiëring
en breë kantlyne, net aan een kant van die vel, duidelik
genommer en nie ingebind nie. Inskrywing kan nie per e-pos geskied
nie.
- Inskrywings word streng anoniem beoordeel. Skrywers word dus
gevra om seker te maak dat hul naam slegs op die titelblad van
die inskrywing verskyn en nêrens elders nie.
- Elke inskrywing moet vergesel word van 'n inskrywingsvorm (of
afdruk daarvan).
- Deelnemers mag nie onder 'n skuilnaam inskryf nie.
- Deelnemers word versoek om afskrifte van hul inskrywings te
hou en om 'n selfgeadresseerde, gefrankeerde koevert in te sluit
indien hulle wil hê dat hul inskrywing ná die wedstryd
aan hulle teruggestuur moet word. Die organiseerders kan nie finale
verantwoordelikheid aanvaar vir verlore inskrywings nie.
- Sluitingsdatum: 21 Junie 2004.
Navrae en inskrywingsvorm
by:
Danita van Romburgh
Tafelberg-Uitgewers, Posbus 879, Kaapstad 8000
Telefoon: (021) 406-3412
Faks: (021) 406-3812
E-pos: dvanromb@tafelberg.com.

|