|
Die name van die finaliste wat
meeding om vanjaar se Sanlam-pryse vir jeuglektuur is pas deur Tafelberg
en Sanlam bekend gemaak.
Die finaliste in die kategorie vir Afrikaans is:
Christie Nortjé, van Bloemfontein
Chris Karsten, van George
Fanie Viljoen, van Bloemfontein
Nelia Engelbrecht, van Klerksdorp
Jan Vermeulen, van Despatch
Derick van der Walt, van Pretoria
Ben Viljoen, van Durban
Die finaliste in die kategorie vir Engels is:
June McKinnon, van Parow-Noord
Nalini Sooknanan Pillay, van Edenvale
Gill Dachada, van Houtbaai
Daphne Olivier, van Howick
John Coetzee, van Pretoria
In die kategoriëe vir Afrikatale ding drie skrywers in IsiZulu,
een in Tshivenda en een in Setswana mee. Hulle is:
Kabelo Duncan Kgatea (Sotho-kategorie: Setswana)
Robert Mchunu (Nguni-kategorie: twee inskrywings in IsiZulu)
Patrick Bhekizenzo Maphumulo (Nguni-kategorie: IsiZulu)
Tsiredledzo Mushoma (Tshivenda-kategorie)
In elkeen van die kategorieë is daar twee pryse op die spel:
R12000 vir Goud en R6000 vir Silwer.
Vanjaar se tema was tegnologie.
Die wenners word in Februarie 2008 tydens n geleentheid in
Kaapstad aangekondig, en die wenboeke sal in September 2008 op die
winkelrakke wees.
Navrae:
Vir enige navrae, kontak gerus vir Kabous Meiring, Reklame: Kinder-
en Jeugboeke, NB-Uitgewers, Tel 021-406 3033 of e-pos kmeiring@nb.co.za.
|