|
Die gewilde Herfsskool vir skrywers word in 2008 van
10-14 Maart by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom aangebied.
Bekende skrywers en kundiges tree as aanbieders op:
soos en Franci Greyling. Die HerfsskPG du Plessis, Heilna du Plooy,
Thalyta Swanepoel, Hans du Plessis, Helene de Kock, Bernard Odendaal,
Fanie Viljoen, Martie Preller, Irma Joubert, Corlia Fourie, André
le Roux ool word in samewerking met Lapa-uitgewers aangebied en
kursusgangers kry ook geleentheid om met die uitgewer te gesels.
Enige mens wat sy of haar eie skryfwerk wil verbeter,
is welkom om vir die 5 dae die Herfsskool by te woon. Herfsskoolgangers
ontmoet bekende skrywers, kry direkte terugvoer op hulle eie skryfpogings,
woon werkswinkels by en gesels met voornemende skrywers oor skryf!
Daar is vier bene in die kursus waaruit u kan kies,
nl. prosa, poësie, kinderliteratuur of rubrieke.
Die koste vir vanjaar se Herfsskool is R2 000 per
persoon wat enkelkamerkoshuisverblyf vir 4 nagte insluit.
Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit
bied `n verskeidenheid skryfkursusse aan vir enigiemand wat graag
wil begin skryf of wat sy of haar kreatiewe skryfwerk wil verbeter.
In September bied die Skryfskool ook 'n driedaagse Lenteskool aan.
Navrae en inskrywingsvorm:
Kobie van Aswegen
018 299 1782/3
Kobie.vanAswegen@nwu.ac.za
|