|
Die ATKV-Kinderboektoekenning vind jaarliks plaas
om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende
die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie
toekennings in aanmerking kom, word deur kinders self beoordeel.
Die Kinderboektoekenning is daarop gerig om kinders te laat lees
en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig.
Die kompetisie word in vyf leeskategorieë beoordeel:
Kategorie 3 - 6 jaar
Kategorie graad 1 - 3
Kategorie graad 4 - 5
Kategorie graad 6 - 7
Kategorie graad 8 - 10
Kinders kan self kies in watter leeskategorie hulle wil deelneem,
maar elke kind mag slegs in een kategorie deelneem.
Die brosjure wat bestaan uit die kompetisiereëls, leeslys
en inskrywingsvorms is beskikbaar op die ATKV-webwerf (www.atkv.org.za).
Alle inskrywingsvorms moet die ATKV voor of op Woensdag, 3 Julie
2008 bereik
Navrae:
Jeanné Naudé
083 232 7276; 011 919 9088
jeannen@atkv.org.za
2008-02-13
|