|
Soos die afgelope vier jaar al, is dit op 14 Augustus
2008 weer "Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag" wat deur die Vriende
van Afrikaans gekoördineer word. Dit val saam met die jaarlikse
Afrikaansweek (11 - 17 Augustus) wat landwyd deur Afrikaanse instansies
en skole gevier word.
Almal wat belang het by Afrikaans, word gevra om op
14 Augustus een Afrikaanse boek te koop, om te hou of om weg te
gee. Dit is 'n bewusmakingsveldtog wat ten doel het om die aandag
te vestig op die fantastiese Afrikaanse boeke wat op die mark is,
maar ook om 'n leeskultuur aan te moedig.
Deelnemende boekwinkels gee op 14 Augustus (of die hele week) afslag
op hulle Afrikaanse boeke, en blykbaar gaan dit heel goed met verkope.
Wordsworth, PNA, Protea Boekhuis, Die Boekehuis (Johannesburg),
Boek Hoekie (Paarl), Fascination Books en Bukhuki (Somerset-Wes
en Pretoria), Die Klein Karoo Boekwinkel (Montagu), PNA, ens. neem
landwyd deel aan hierdie inisiatief.
Baie dankie dat julle ons ondersteun met hierdie bewusmakingsveldtog.
Vertel asseblief vir almal van hierdie poging waarby 'n mens net
kan baat: Afrikaanse boeke word teen 'n afslag verkoop en jy koop
of kry of gee'n boek persent!
Amanda de Stadler
Uitvoerende Beampte,
Vriende van Afrikaans,
Stellenbosch
021 808 3744
|