|
Liewe Lewendes & Bewendes
In die middernagure, onder ‘n bleekwit maan en
draderige swart miswolke, is Fantasi Boeke besig om ‘n bundel vol
splinternuwe spookstories saam te stel.
Die kerslig flikker-flikker en die verroeste enkelketting
wat styf om die toegesluite uitgewer se enkel vas is, ratel staalswaar
oor die verrotte houtplanke.
Kraak! Kraaaaaak! kerm die vloer as sy suutjies
na die klein, swart venstertjie sluip en doodbang uitloer na die
bedompige nag. “Asseblief!” pleit sy in ‘n hees, hol stem, “asseblief,
ek kort stories! Kort of lank, verskriklik of vreeslik snaaks, grillerig
of spokerig, bloederig of beduiweld, raaisels of rympies ... enige
woorde om my boek voor Augustus vol te maak!
Die aaklige Kasteeleienaar gaan my nek omdraai
as ek nie genoeg stories met my vangnet gryp nie ...”
“Stuur enige bydraes saam met ‘n vlermuis na hierdie
adres voor einde Julie. Ek sal helder, goue muntstukke laat val
vir enige woorde wat ek in my boek kan inpas. En ...” sy sluk swaar,
“as julle enige kinders ken wat ook ‘n storie kan spin, stuur dit
saam! Enige wonderlike woorde wat my eienaar sal paai ... en my
sal verlos van hierdie vreeslike straf!”
Groete
Talita
Besonderhede
- Datum: 30 Augustus 2008
- Wat: Stories, grappies, staaltjies, rympies
- Lengte: Maksimum 200 woorde
- Ouderdom: Graad 5 tot 10
- Vir wie? Dapper seuns en dogters
- Beskrywing: Enige iets wat jou broek laat bewe
- Waar? Talita@fantasi.co.za
- Formaat: Word-dokument, Ariel 12, 1.5 spasiering
- Taal: Afrikaans
Talita van Graan Publisher / Uitgewer Fantasi Boeke
(Pty) Ltd
Sel: 082 319 7213
Tel: 011 804 2616
Faks: 012 804 0480
|