|
|
|
Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2009
|
- Die wedstryd word in ses kategorieë aangebied:
Afrikaans, Engels, Nguni-tale, Sotho-tale, Tshivenda en Xitsonga.
- Daar is twee pryse in elke kategorie op die spel:
Goud: R12 000
Silwer: R 6 000
- Vereistes: n Verhaal waarin humor n rol speel.
Dit moet geskik wees vir jong lesers (iewers tussen 12 en 18 jaar).
Lengte: tussen 25 000 en 45 000 woorde.
- Tafelberg onderneem om die wenromans te publiseer en behou
ook die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer.
- Terwyl inskrywings onder oorweging is, mag hulle nie elders
voorgelê word vir publikasie totdat Tafelberg skriftelik
bevestig het dat hulle nie gepubliseer sal word nie.
- Die beoordelaars behou die reg voor om een of meer pryse agterweë
te hou indien die gehalte van die inskrywings nie op peil is nie.
- Die wedstryd is slegs vir burgers van Suid-Afrika, Namibië,
Botswana, Lesotho en Swaziland oop.
- Inskrywings moet op A4-velle getik of uitgedruk wees, met dubbelspasiëring
en breë kantlyne, net aan een kant van die vel, duidelik
genommer en nie ingebind nie. Inskrywing kan nie per e-pos geskied
nie.
- Inskrywings word streng anoniem beoordeel. Skrywers word dus
gevra om seker te maak dat hul naam slegs op die titelblad van
die inskrywing verskyn en nêrens elders nie.
- Elke inskrywing moet vergesel word van n getekende inskrywingsvorm
(of afdruk daarvan).
- Deelnemers mag nie onder n skuilnaam inskryf nie.
- Deelnemers word versoek om afskrifte van hul inskrywings te
hou. Die organiseerders kan nie finale verantwoordelikheid aanvaar
vir verlore inskrywings nie.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of
korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Sluitingsdatum: 30 Junie 2009.
- Navrae: Danita van Romburgh, Posbus
879, Kaapstad 8000
telefoon: (021) 406-3412 faks: (021) 406-3812 e-pos: dvanromb@nb.co.za
|
|
|
|