Werfjoernaal
 
2003-09-01

werfjoernaal
argief



IBBY nominasies vir 2004

Die plaaslike tak van die International Board on Books for Young People (IBBY), 'n węreldliggaam wat kinder- en jeugliteratuur ondersteun en bevorder, het drie Tafelberg-titels en een van Human & Rousseau vir IBBY se Ererol vir 2004 genomineer het.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom deur Marita van der Vyver (Tafelberg) is vir die ererol genomineer vir skryfwerk in Afrikaans, terwyl The Waterbearer deur Dianne Hofmeyr (Tafelberg) die 2004 IBBY Honour Book vir Engels is.

Yebo, Jamela!, met teks en illustrasies deur Niki Daly (Tafelberg), is genomineer as die boek met die beste illustrasies, terwyl Die spree met foete (Human & Rousseau), Philip de Vos se vertaling van die gedigte van die Nederlandse kinderboekskrywer Annie MG Schmidt, genomineer is vir vertaling.

Hierdie boeke sal uitgestal word by IBBY se volgende węreldkongres, wat in September 2004 in Kaapstad gehou word.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005