|
Tweede oproep om bydraes:
'n Kongres gesamentlik aangebied deur die Association
of University English Teachers of Southern Africa (AUETSA), die
South African Association for Commonwealth Language and Literature
Studies (SAACLALS), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene
Literatuurwetenskap, (SAVAL), die 4de Konferensie oor Suid-Afrikaanse
Kinder- en Jeugliteratuur en die Suid-Afrikaanse Vereniging
vir Taalonderrig (SAVTO).
- Gashere: Die Skool vir Tale en
die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse
konteks.
- Datums: 8-11 Julie 2009
- Plek: Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus),
Potchefstroom, Suid-Afrika
- Keerdatum vir opsommings: 31 Mei
2009
Gesprek tussen die verbeelde wêrelde van tale, tekste, outeurs
en kulture is 'n belangrike dryfkrag van tale en letterkunde. Die
doel van hierdie kongres is om 'n forum te skep wat hierdie gesprekke
op die gebied van taal- en letterkundige diskoers stimuleer en versterk.
Dialoog beteken hier in gesprek tree met, wedersyds gemeenskaplikheid
en nuwe betekenisse skep, maar ook om krities teen te staan of te
dialogiseer (om te relativeer of bloot te stel aan verskillende
perspektiewe).
Breedweg sou 'n mens die veld, in die woorde van Arjun Appadurai,"Disjuncture
and Difference in the Global Cultural Economy" (Modernity at
Large - Cultural Dimensions of Globalization), kon sistematiseer
as gesprekke (of breuke in die gesprekke) tussen vyf verskillende
"skappe" wat die postmoderne kulturele landskap uitmaak,
nl. ideoskappe, tegnoskappe, etnoskappe, mediaskappe, finanskappe
en (kan mens byvoeg) landskappe.
Onderwerpe wat hieronder val, sluit o.a. in:
Ideoskappe:
- Gesprekke tussen skrywers, tekste, groepe, skrywers, generasies
en nasionale letterkundes.
- Gesprekke tussen strominge, soos die Romantiek en Modernisme,
Britse of Amerikaanse Modernisme en modernismes in Afrika of elders,
plaaslike herskrywings van realisme (magies of nie), simbolisme.
- Gesprekke tussen letterkunde, filosofie, antropologie, "teorie",
sosiologie, politiek en estetika.
- Gesprekke tussen waardestelsels en religieë: Christendom,
Islam, Afrika, Judaïsme, Boeddhisme, Hindoeïsme, Afrika-religieë.
- Gesprekke tussen kulture, sosiale lae en identiteite: middelklaskultuur,
werkerskultuur, sosiale identiteit, mediakultuur, subkulture.
Landskappe
- Gesprekke oor plekke en die uitbeelding van plekke en ruimtes.
- Gesprekke tussen wêreldstreke en beskawings: Ooste-Weste,
Afrika -Europa, maar ook suid-suid, bv. tussen Suid-Amerika, Afrika,
Indië en China.
- Gesprekke tussen 'n verskeidenheid sentra en periferieë
Tegnoskappe:
- Gesprekke oor maniere van doen, praktyke, metodes en tegnieke.
- Gesprekke tussen en oor die genres.
- Gesprekke oor idees, opvattings, afbakenings binne die dissiplines,
of dit nou binne Engels, Afrikaans, Afrika- of ander soorte taal-
of literatuurstudie is.
- Gesprekke oor waar ons tans is en watter rigting ons behoort
in te slaan.
Etnoskappe
- Gesprekke tussen en oor tuisblyers en migrante, ballinge en
nomades.
- Gesprekke tussen en oor slagoffers van xenofobie, vlugtelinge,
asielsoekers, marginale figure.
Mediaskappe
- Gesprekke oor en tussen verskillende tale en oor vertaling
en transposisie.
- Gesprekke tussen die kanonieke en die populêre.
- Gesprekke oor en tussen verskillende gehore: kleuters, kinders,
adolessente, volwassenes, senior burgers.
- Gesprekke tussen en oor letterkunde en koerante, die radio,
televisie, film, die Internet.
- Gesprekke oor die veranderende "kulturele landskap".
- Gesprekke tussen letterkunde en ander kunsvorme: musiek, skilderkuns,
dans.
Finanskappe
-
Gesprekke oor die vloei van geld, mesenasse
en die ekonomiese basis en voorwaardes vir taal- en literatuurstudie:
befondsing, uitgewerye, bemarking.
Om die fokuspunte van die verskillende organisasie tot hulle
reg te laat kom, sal die kongres in vyf afdelings georganiseer
word, nl.
KONGRESKOMITEE
Proff. Hein Viljoen, Betsie van der Westhuizen, Franci Greyling,
me. Dolly Dlavane, voorsitters van ander verenigings (programkomitee),
me. Stefanie Dose (kongressekretaris), dr. Phil van Schalkwyk (spysenering
en vermaak), mev. Elsa van Tonder (finansies en logistiek), me.
Karien Hattingh (kliëntverhoudings), mnr. Alwyn Roux (bemarking
en reklame).
KONGRESSEKRETARIAAT
Me. Stefanie Dose
Mev. Elsa van Tonder Elsa.VanTonder@nwu.ac.za
Mnr. Alwyn Roux Alwyn.Roux@nwu.ac.za
Tel. +27-18-299-1485
Faks +27-18-299-1562
VERTEENWOORDIGERS VAN DIE VERENIGINGS
AUETSA: Prof. Michael Green: GreenM@ukzn.ac.za
SAACLALS: Prof. Gerald Gaylard: Gerald.Gaylard@wits.ac.za
SAVAL: Prof. Hein Viljoen: Hein.Viljoen@nwu.ac.za
Kinder- en jeugliteratuur: Prof. Betsie van der Westhuizen: Betsie.VanDerWesthuizen@nwu.ac.za
SAALT: Prof. Brenda Spencer: Spencb@unisa.ac.za
VOORSTELLE EN OPSOMMINGS
Stuur asb. voorstelle vir referate, 3-persoonpaneelbesprekings
of plakkaataanbiedngs (met opsommings van maks. 300 woorde) via
die verteenwoordigers van die verenigings of direk aan Alwyn.Roux@nwu.ac.za.
Die tale van die kongres sal wees Setswana, Afrikaans en Engels.
Referate sal na Engels getolk word.
Finale keerdatum vir opsommings: 31 Mei 2009
REGISTRASIE
Besonderhede volg.
|