|
RYMPIEMAN
Die pas
heruitgereikte Rympieman bestaan uit twee Cd's plus 'n boekie
met gedrukte teks. Rympieman bevat byna 200 alombekende Afrikaanse
rympies en liedjies. Die speelduur van die twee Cd's is meer
as twee ure.
Sommige
van die items is oorgeneem uit StorieMuis.
Kenmerkend aan suksesvolle kleuterrympies, is die inhoud van
Rympieman ryk aan die toon, styl, speelsheid en spel met taal
wat spreek tot die verwysingswêreld van die jong kind.
Die inhoud
word met 'n ligte aanslag aangebied wat aanklank vind by die
kind.
Rympieman
stel die kind van kleins af bloot aan die wêreld van
klank, ritme, rym, klanknabootsing en herhaling wat later
kan lei tot waardering vir poësie.
Van die bekendstes tot die minder bekende, uit die Patriot-tyd
tot hede -die klem is op die Afrikaanse kultuurskat van toeka
tot nou.
Rympieman
is 'n versameling van geliefdkoosde rympies en gedigte wat
vir die kind die deur oopmaak na 'n reis van rym en vers;
'n weerspieëling van die mens se gemoedstoestand in versvorm.
Rympieman is 'n moét vir die kulturele ontwikkeling
van die Suid-Afrikaanse kind - nie net Afrikaanse moedertaal
sprekers nie.
Rympieman,
die gedrukte boekie en 2 Cd's, word verpak in 'n aantreklike
karton houer. Die prys is R149.95 (Posgeld en verpakking uitgesluit).
Rympieman
is te koop by Die Luisterbiblioteek in Pretoria
Kontakpersoon:
Elsa Smit
Tel (kantoorure) (012) 348 2480
e-pos: storieman@mweb.co.za
ISBN:
1-920034-25-0
Inhoud
Rympieman 1
Die vyf
vingers
Die vyf tone
Die gelaat
Die liggaamsdele
Klopryme
Knieryme
Hop,hop
Kieleryme
Dangel-en speelryme
Handspeletjies
Etenstyd
Slaaptyd
Kindergebede
Wiegeliedjies
'n Menigte diertjies
Ou bekendes
Kom ons leer die ABC
Eerste ontdekkings
Boerespellings
'n Slegte bui
Spreukryme
Slimmighede
Kinderlatyn
Vir kinders wat neul
Snelsêers
Noudat ek 'n boer is
Nog Boerespellings
Raaisels
Speelryme
Uitlêryme
Uittelryme
Waarsêers en rate
Kettingryme
Slenterryme
Tergryme
Inhoud
Rympieman 2
Wat seg
Horak?
Die Brawe Ruiters
Raai, raai
Wyse Woorde
Werkryme
Bygelowe
Nogmaals snelsêers
Kinderpreke
Uit die oude doos
Uit eeue lank verby
Boere-piekniek
Raai, raai wat is dit?
Rymelende Spreuke
Raai, raai riepa!
Haak-en-steek
Wilde Ryme
Dryfryme
Donker ryme
Skemerland
Hoe ver die liefde lê
Vryers te perd
Boerebruilof
Voor in die wapad
|