|
Piet Grobler het die bronsmedalje verower in die prestige
Biennial of Illustrations Bratislava (BIB).
Hierdie internasionele kompetisie waar oorspronklike
kinder- en jeugboek illustrasies bekroon word, is vanjaar jaar vir
die negentiende keer gehou in Bratislava, Slowakye.
Die organiseerders van die kompetisie is die Slowaakse
Republiek se Ministerie van Kultuur asook die Slowaakse Kommissie
van UNESCO en Bibiana, die International House of Art for Children.
Die kompetisie is, buiten die Andersen toekenning,
die grootste internasionale prenteboekillustrasie-kompetisie en
het in 2001 altesaam 269 inskrywings van oor die hele wêreld
gelok.
Elke kunstenaar stuur tien illustrasies en dit was
vir vyf van sy illustrasies uit Die spree met foete en vyf
uit Net een slukkie, Padda dat daar 'n bronsmedalje en $1000
aan Piet Grobler toegeken is. Die Grand Prix het hierdie jaar aan
'n kunstenaar uit Japan gegaan.

|