|
GRATIS hulpmiddel vir skole, skrywers, biblioteke, en andere, met
komplimente van die skrywer, Janie Oosthuysen
Kontak Janie Oosthuysen vir 'n GRATIS plakkaat met
kleurvolle illustrasies wat presies wys hoe n storie werk.
Vra die plakkaat in PDF-formaat. Druk dit self uit,
of laat druk dit by enige drukkery, dis glad nie duur nie. Plak
dit bo jou lessenaar of in die klaskamer, forward dit na vriende,
leeskringe, skole, die biblioteek en jou kind se taaljuffrou.
Dis HEELTEMAL verniet en enigeen mag dit oor en oor kopieer, ook
in swart-wit. Al voorwaarde is dat niemand die plakkaat mag verander
nie.
As jy dit self druk, moet jy jou drukker op landscape stel en die
grootte aanpas na A4 of A3. Wil jy die groot formaat van 5-6 MB
hê vir 'n mooi duidelike A2-plakkaat vir die klaskamer of
biblioteek? Laat weet vir Janie Oosthuizen, dan stuur sy dit kosteloos
per e-pos vir jou aan.
Laat hoor van jou as jy enige probleme, vrae of versoeke het.
Lekker skryf saam met Bessie.


Kontak Janie Oosthuysen by: www.skryfgeheime.co.za
Janie Oosthuysen
janie@skryfgeheime.co.za
www.skryfgeheime.co.za
|