|
LAPA Uitgewers beplan n opwindende digbundel
met verse wat op lesers tussen 13 en 15 jaar gemik is. Ons wil graag
bydraes oor n breë spektrum ontvang van ernstiger
temas tot humor; van vormvaste digkuns tot vrye verse. (Of wat van
funky SMS-gedigte of MXit-gedigte of e-posgedigte?!)
Die bundel is op die algemene handelsmark gemik, maar sal ook in
die opvoedkundige mark bemark word.
Die belangrikste oorweging is dat die verse teikenmarkgerig moet
wees ons soek dus nie verse óór hierdie ouderdomsgroep
nie, ons is op soek na werk wat vanuit die perspektief van jongmense
in hierdie ouderdomsgroep geskryf is, of wat dinge aanspreek wat
tot hedendaagse jongmense van hierdie ouderdom spreek.
Om jou aan die dink te sit ...
Jongmense in die teikengroep is in graad 7, 8 en 9 (dit wil sê
die ou standerd 5, 6, en 7). Daar is geen voorskrifte ten opsigte
van temas nie, maar n paar moontlikhede wat as wegspringplek
kan dien ...
- Verhoudings (van liefdesverhoudings tot verhoudings met ouers/
broers/ susters)
- Skool
- Vriendskap
- Identiteit
- Sport
- Musiek
Sluitingsdatum vir voorleggings: 12 Oktober 2009
Voorleggings: Bydraes kan gestuur
word na:
LAPA Uitgewers
Aandag: Jaco Jacobs
Posbus 123
PRETORIA
0001
Ek sal as samesteller optree, maar die finale beslissing oor opname
in die bundel (en oor publikasie daarvan) sal by die uitgewer, Miemie
du Plessis van LAPA Uitgewers, berus.
Ek sien daarna uit om n klomp opwindende bydraes te ontvang!
Jaco Jacobs
Samesteller
|