|
LAPA nooi skrywers van jeugboeke om deel te neem
aan die LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie.
Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar dit moet
Afrikaanse tekste van 25 000 tot 45 000 woorde wees waarmee tieners
kan identifiseer. Inskrywings moet alleenstaande enkeltitiel-jeugromans
wees en nie deel vorm van n beoogde reeks nie. Die teikenouderdom
is 13 tot 18 jaar.
Daar is drie pryse op die spel:
- Eerste prys : R25,000
- Tweede prys : R15,000
- Derde prys : R10,000
Bepalings en voorwaardes:
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2010.
- Verhale moet tussen 25 000 en 45 000 woorde lank wees en geskik
wees vir lesers tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar.
- Alle inskrywings moet in Afrikaans wees.
- Die eerste prys is R25,000, tweede prys is R15,000 en derde
prys is R10,000.
- Manuskripte moet op A4-papier, in dubbelspasiëring getik
wees en net op een kant van die vel gedruk wees.
- Alle manuskripte word anoniem beoordeel. Die skrywer se naam
moet dus slegs op die titelblad van die manuskrip verskyn en nêrens
anders nie. Geen skuilname word toegelaat nie.
- Alle manuskripte moet vergesel wees van die amptelike inskrywingsvorm.
Daarsonder sal n inskrywing nie aanvaar word nie. Om die
inskrywingsvorm te ontvang, kontak LAPA Uitgewers se bemarkingsafdeling
by 012 401 0700 of lapa@lapa.co.za.
- Geen elektroniese inskrywings word aanvaar nie. Geen manuskripte
sal aan die skrywer teruggestuur word nie.
- LAPA Uitgewers sal telefonies of per e-pos ontvangs erken vir
alle inskrywings. Die uitgewer neem geen verantwoordelikheid vir
enige manuskripte wat verlore raak nie.
- LAPA Uitgewers het eerste reg op publikasie van alle inskrywings
wat voorgelê word vir hierdie kompetisie.
- Totdat LAPA Uitgewers die skrywer skriftelik in kennis stel
dat die manuskrip nie gepubliseer gaan word nie, mag dit nêrens
anders voorgelê word vir oorweging nie. LAPA Uitgewers onderneem
om binne 6 maande alle skrywers, wat manuskripte ingestuur het
vir oorweging vir die kompetisie, in kennis te stel oor moontlike
publikasie van die betrokke manuskrip.
- LAPA Uitgewers behou die reg voor om geen pryse toe te ken
of inskrywings te publiseer nie.
- Die beoordelars se beslissing is finaal en geen korrepsondensie
sal daaroor gevoer word nie.
- LAPA Uitgewers en die ATKV word gevrywaar teen enige eise of
voorvalle wat uit die kompetisie kan spruit.
- Wenners moet bereid wees om onderhoude en fotosessies aan die
media en LAPA Uitgewers se bemarkingspublikasies toe te staan.
- Rig navrae aan:
Miemie du Plessis
Posbus 123, Pretoria, 0001
Telefoon : 012 401 0700
Faks : 012 401 0734
E-pos : miemied@lapa.co.za
18 September 2009
|