|
ATKV Kuswag Jeug, in samewerking met die ATKV Skryfskool,
die ATKV Streekkantoor en Natalia Vakansieoord, bied op 27 en 28
Augustus 2010 'n kreatiewe skryfkursus vir hoërskoolleerders
aan.
Prof Hans du Plessis, hoof van die ATKV Skryfskool en welbekende
skrywer van o.a. Disse flippen stukkende wêreld die, my
ou; Innie skylte van die Jirre; en Verbrande paradys, is self
die aanbieder.
Die kursus gaan gerig wees op senior hoërskoolleerders, maar
verdienstelike junior hoërskoolleerders mag ook inskryf. Die
maksimum aantal kursusgangers is 30 waarvan 25 hoërskoolleerders
gaan wees. Die ander 5 "plekke" word gereserveer vir leerkragte.
WAAR: Die ATKV Vakansieoord, Natalia,
in Illovo, deel van die groter Amanzimtoti.
WANNEER: Vrydag 27 Augustus en Saterdag
28 Augustus 2010
TYD: Vrydag van 15:00 tot 18:00; Saterdag
van 09:00 tot 12:00.
KOSTE: R150-00 per kursusganger.
VERVERSINGS: Verversings sal tydens
die Vrydag- en Saterdagsessies bedien word.
VERBLYF: Verblyf word nie verskaf
nie. Elke kursusganger is verantwoordelik vir sy eie huisvesting.
ETES: Etes word nie verskaf nie. Kursusgangers
is verantwoordelik vir hulle eie etes.
INSKRYWINGS: Voltooi asseblief die
inskrywingsvorm en stuur terug. (Kontak Coenraad van der Merwe vir
inskrywingsvorm *) Die eerste 25 leerders
wat inskryf, sal aanvaar word. Die res se name word op 'n kansellasielys
geplaas.
FOOIE: Indien kursusfooie nie teen
2 Augustus 2010 ontvang is nie, sal aanvaar word dat u nie meer
die kursus gaan bywoon nie.
BANKBESONDERHEDE:
First National Bank (FNB)
Tak: Amanzimtoti
Takkode: 220127
Rekeningnaam: ATKV Kuswag Jeug
Rekeningnommer: 62224867161
Tipe rekening: Tjek
Ons verwysing: Skryfkursus
U verwysing: Óf die skoolnaam, óf persoon se naam.
* KONTAKBESONDERHEDE:
Naam: Coenraad van der Merwe
Adres: ATKV Kuswag Jeug
p/a Kuswag Skool
Privaatsak X20005
Amanzimtoti
4125
Tel: 031 - 903 4328 (Kuswag)
031 - 903 2760 (Huis)
084 381 8733
Faks: 031 - 903 7442 (Kuswag)
E-pos: coenmagda@telkomsa.net
corne@kuswag.co.za
|