Werfjoernaal
 
2010-09

werfjoernaal
argief



Kry 'n nuwe kliek! Klik en wen!

Klik 'n sleutelbord, klik jou tong en kry 'n nuwe kliek. Gebruik jou rekenaar om 'n nuwe taal aan te leer en kliek met nuwe mense.

Klik en wen!
Klik met jou kamera of klik op jou sleutelbord en deel jou idee van kliekkry:

CD-ROMs vir taalaanleer:





Ontwikkel deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) - 018 299 1541.
Versprei deur BlueTek Rekenaars - 018 297 0164 en www.spel.co.za.
Fotografie deur Topcolor Kodak Express - 018 297 0835.

Klik 1: Neem 'n foto, tik 'n gedig of tik 'n slagspreuk wat jou idee van kliekkry die beste beskryf.

Klik 2: Skryf foto's, gedigte of slagspreuke in by www.nwu.ac.za/ctext.

Klik 3: Wen sagteware, 'n rekenaarspeletjie, fotoafdrukke, 'n doekafdruk oor 'n raam gemonteer, 'n plakkaatvergroting, t-hemde of muismatjies. Kliek jy al?
Meer inligting op www.nwu.ac.za/ctext.


Klik jou kamera:

  • Neem 'n foto en deel jou idee van kliekkry (klik daai knoppie nes jy wil, solank dit niks onwettig of diskriminerend uitbeeld nie).
  • Die foto moet in jpeg-formaat wees.
  • Hernoem jou foto na jou eie naam.

OF

Klik jou sleutelbord:

  • Dink 'n slagspreuk of gedig (of beide) uit wat jou idee van kliekkry beskryf (klik daai knoppies katswink, solank dit niks onwettig of diskriminerend uitbeeld nie).
  • Die slagspreuk of gedig (of beide) moet in 'n Microsoft® Word-dokument getik wees.
  • Maak seker dat jou naam boaan die bladsy is.

Sluitingsdatum vir inskrywings is Sondag, 3 Oktober, 2010. Wenners sal kort daarna aangekondig word.

Klik hier (www.nwu.ac.za/ctext) om jou inskrywing in te dien. Inskrywings kan ook by BlueTek Computers (Albert Luthulirylaan 45, Potchefstroom) of TopColor Kodak Express (Mooirivier Mall, Potchefstroom) ingedien word.

Wat wen jy?

Wennerfoto:
TopColor Kodak Express:

  • Doekafdruk (40x60cm) oor 'n raam gemonteer;
  • 100 x jumbo fotoafdrukke;
  • 1 x plakkaatvergroting.
  • Taalaanleer-CD-ROM van jou keuse van CTexT®;
  • T-hemp;
  • Muismatjie.

Beoordelaars: MJ Marais (Topcolor), CTexT®.

Wennerslagspreuk:

  • Rekenaarspeletjie van BlueTek Computers;
  • Taalaanleer-CD-ROM van jou keuse van CTexT®;
  • T-hemp;
  • Muismatjie.

Beoordelaars: Cornelius van der Walt (BlueTek Computers), CTexT®.

Wennergedig:

  • Kopie van CTexT Afrikaanse SkryfGoed 2008;
  • Taalaanleer-CD-ROM van jou keuse van CTexT®;
  • T-hemp;
  • Muismatjie.

Beoordelaars: Prof. Franci Greyling (Storiewerf en NWU), CTexT®.

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2010