|
|
|
Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2011
|
- Die wedstryd
word in ses kategorieë aangebied: Afrikaans, Engels,
Nguni-tale, Sothotale, Tshivenda en Xitsonga.
- Daar is
twee pryse in elke kategorie op die spel:
Goud: R12 000
Silwer: R 6 000
- Vereistes:
n Verhaal waarin hoop n rol speel. Dit moet geskik
wees vir jong lesers (tussen 12 en 18 jaar). Lengte: tussen 25
000 en 45 000
woorde.
- Tafelberg
onderneem om die wenromans te publiseer en behou ook die eerste
opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer.
- Terwyl inskrywings
onder oorweging is, mag hulle nie elders voorgelê word vir
publikasie totdat Tafelberg skriftelik bevestig het dat hulle
nie gepubliseer sal word nie.
- Die beoordelaars
behou die reg voor om een of meer pryse agterweë te hou indien
die gehalte van die inskrywings nie op peil is nie.
- Die wedstryd
is slegs vir burgers van Suid-Afrika, Namibië, Botswana,
Lesotho en Swaziland oop.
- Inskrywings
moet op A4-velle getik of uitgedruk wees, met dubbelspasiëring
en breë kantlyne, net aan een kant van die vel,
duidelik genommer en nie ingebind nie. Inskrywing kan nie per
e-pos geskied nie.
- Inskrywings
word streng anoniem beoordeel. Skrywers word dus gevra om seker
te maak dat hul naam slegs op die titelblad van die inskrywing
verskyn en nêrens elders nie.
- Elke inskrywing
moet vergesel word van n getekende inskrywingsvorm (of afdruk
daarvan).
- Deelnemers
mag nie onder n skuilnaam inskryf nie.
- Deelnemers
word versoek om afskrifte van hul inskrywings te hou. Die organiseerders
kan nie finale verantwoordelikheid aanvaar vir verlore inskrywings
nie.
- Die beoordelaars
se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal
daaroor gevoer word nie.
-
Sluitingsdatum:
30 Junie 2011.
- Navrae:
Danita van Romburgh, Posbus 879,
Kaapstad 8000
telefoon: (021) 406-3412
faks: (021) 406-3812
e-pos: dvanromb@nb.co.za
http://www.nb.co.za/assets/news/2010/Jeug%20Prys%20Reels%202011.pdf
|
|
|
|