|
Dit is weer tyd vir die groot nasionale BSV-Skryfwedstryd
aangebied deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in samewerking
met NALN en geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die
Universiteit van die Vrystaat
Die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Corlietha
Swart, nooi voornemende skrywers om R12 000 los te skryf in die
jaarlikse landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.
Die sluitingsdatum is Vrydag,
6 Mei 2011.
Vanjaar word die prysgeld weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe
van die Universiteit van die Vrystaat. Net soos vir die BSV, is
dit volgens prof. Lucius Botes, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe
van die UV, n prioriteit vir die universiteit om talent, veral
by jongmense, alreeds op n jeugdige ouderdom te ontdek, te
bemagtig en te begelei.
Wenners wat oor jare heen deur die groot BSV-skryfwedstryd geïdentifiseer
en bemagtig is deur n slypskool, het daarna bekroonde en gerekende
skrywers in eie reg geword, soos n onlangse BSV-wedstrydwenner,
mnr. Dirk Winterbach, wat kort daarna op 76-jarige ouderdom gedebuteer
het, rillerskrywer, mnr. Piet Steyn wat onlangs die gas van Volksblad
se boekekuier was, die digter, Carina Stander, asook die uiters
produktiewe kinder- en jeugboekskrywers, Carina Diedericks-Hugo,
Fanie Viljoen en Jaco Jacobs. In laasgenoemde gevalle was die skrywers
almal nog op skool toe hulle wenners van die BSV-skryfwedstryd was!
Die wedstryd, wat in 1979 begin is, het al sedert 1989 n nasionale
profiel en het sedertdien gegroei tot wedstryd met die meeste inskrywings
in sy soort in die land. Die wedstryd word met die steun van die
Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)
in Bloemfontein geadministreer.
Die wedstryd, met R12 000 prysgeld, word spesiaal gereël vir
volwassenes en hoërskoolleerlinge.
Deelnemers moet een of meer oorspronklike opstelle, vertellings,
kortkortverhale, kortverhale of gedigte in Afrikaans oor interessante,
voorgeskrewe, onderwerpe indien. Inskrywings word anoniem deur kundige
beoordelaars beoordeel.
Benewens aantreklike geldpryse in elke afdeling, asook n
aanmoedigingsprys (ook 'n geldprys) in Afdeling A vir deelnemer(s)
wie se moedertaal nie Afrikaans is nie, is daar ook vier wisseltrofeë
vir skole, asook n wisseltrofee vir poësie in die ope-afdeling,
op die spel. Boonop wen die skool wat die meeste inskrywings instuur,
R1 000!
Daar is vier afdelings: drie
prosa-afdelings en een poësie-afdeling.
- Afdeling A is vir leerders (Juniors: graad 8 tot 9) en (Seniors:
graad 10 tot 12)
- Afdeling B behels prosa vir volwasse skrywers wat nog nie voorheen
teen vergoeding gepubliseer het nie.
- Afdeling C is n ope afdeling vir skrywers wat wel al voorheen
kortprosa teen vergoeding gepubliseer het.
- Afdeling D is n poësie-afdeling vir gepubliseerde
en ongepubliseerde deelnemers.
Wenners van alle pryse woon ook, as deel van hul prys, die jaarlikse
BSV-Slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat op 20 Augustus 2011
aangebied word, gratis by. Vanjaar se slypskool word deur die gewilde
mev. Irma Joubert aangebied n geleentheid wat gevestigde
en potensiële skrywers nie mag misloop nie!
Al die bekroonde inskrywings sal saam met die beoordelaarsverslae
in Inkvars 2011, n huishoudelike publikasie van die Bloemfonteinse
Skrywersvereniging, gepubliseer word n publikasie wat
gesteun word deur die Stichting tot Bevordering van Kulturele Betrekkingen
Nederland Zuid-Afrika en wat nuttig in Afrikaanse stelwerkklasse
deur stelwerkonderwysers gebruik word.
Inskrywings:
Alle inskrywings moet van n voorgeskrewe inskrywingsvorm vergesel
wees.
Bel gerus vir mev. Christa Jonker-Jordaan by 051-5229155 in werksure,
of mej. Lelani Fourie by 0733883377 om die vorm, wedstrydreëls
en onderwerpe te bekom. Of vra dit elektronies aan by bloemsv@gmail.com
25 Februarie 2011
|