|
Raak jy soms emosioneel?
Raak jou huiswerk eens te veel?
Is jy vreeslik opgewonde oor
als van ouens tot poedelhonde?
Skryf jy rympies in n boek,
en wend jou tot Ingrid Jonker as
jy inspirasie soek?
Hou jy daarvan as dinge rym,
al meen jou vriende jys n pyn?
Dan moet jy dalk inskryf vir die ATKV/JIP-gedigtekompetisie en
jou woordskeppings met die wêreld deel.
JIP moedig alle aspirantdigters aan om hul Afrikaanse gedigte
vir ons te stuur om in JIP en op www.jip.co.za te verskyn.
Die gedigte wat nie in JIP gepubliseer word nie, sal op die webblad
wees. Vanjaar is die ATKV die borg van die ATKV/JIP-gedigtekompetisie.
Drie lekker pryse wag op die wenners.
Die prysgeld
Eerste plek: R3000
Tweede plek: R2000
Derde plek: R1000
Elke wenner sal ook 'n geskenkpak van die ATKV wen.
Die reëls
Die gedigte moenie langer as 14 reëls wees nie.
Jy mag oor enigiets skryf.
Dit moet jou eie, oorspronklike werk wees.
Die wenner moet vir 'n onderhoud beskikbaar wees.
Jy moet tussen die ouderdomme van 14 en 18 wees.
Hoe om in te skryf: Stuur 'n e-pos na wen@jip.co.za. Die e-pos-boodskap
moet ook jou naam en van, ouderdom en kontakbesonderhede bevat.
Heg ook 'n foto van jouself aan.
Die kompetisie skop hierdie week af en die
sluitingsdatum is 9 Mei.
Die wenner sal in Mei in JIP aangekondig word.
Inligting op: http://www.jip.co.za/nuus/Aspirantdigters-kan-nou-pen-en-papier-nadertrek
|