|
Human & Rousseau nooi Afrikaanse debuut- of vroeë
kortverhaalskrywers uit om hul ongepubliseerde verhale in te skryf
vir die Nuwe Stories 2012 -kortverhaalwedstryd, en die kans te staan
om hul verhale te laat publiseer onder een van die vernaamste drukname
in die land.
Skrywers onder die ouderdom van 30 wat nog nie voorheen in gedrukte
vorm gepubliseer het nie kan inskryf.
Die prysgeld lyk soos volg:
1ste prys R8 000
Twee naaswennerpryse van R3 500 elk
Die skrywers wie se verhale gekies word vir publikasie sal elk
R1 000 ontvang.
Human & Rousseau sal die beste kortverhale in Nuwe Stories
2012 publiseer en hierdie skrywers sal ook die geleentheid kry om
werkswinkels in Kaapstad en Pretoria by te woon om hulle verhale
af te rond voor dit in die bundel verskyn.
Reëls
Die sperdatum vir voorleggings is 30 Augustus 2011.
Inskrywings moet aan die volgende vereistes voldoen:
- Die tema waaroor die kortverhaal moet handel is: Die eerste
keer.
- Slegs nuwe en ongepubliseerde Afrikaanse kortverhale sal oorweeg
word.
- n Maksimum van drie kortverhale per persoon word toegelaat.
- Skrywers mag nie onder n skuilnaam inskryf nie.
- Skrywers mag nie ingeskrewe verhale elders voorlê terwyl
dit vir die wedstryd oorweeg word nie.
- Die omvang van verhale moet tussen 1 500 en 3 500 woorde wees.
- Die manuskrip moet in dubbelspasiëring getik word.
- Die bladsye van die manuskrip moet genommer wees.
- Geen elektroniese voorleggings sal in aanmerking kom nie.
- n Inskrywingsvorm moet aan die manuskrip vasgekram word
die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.humanrousseau.com
of by Danita van Romburgh (haar kontakbesonderhede volg hier onder).
- Verhale moet in drievoud voorgelê word.
- Geen manuskripte sal ná die keuringsproses aan skrywers
terugbesorg kan word nie. Suksesvolle skrywers sal deur Human
& Rousseau in kennis gestel word, waarna die redigeringsproses
in oorleg met die samestellers sal geskied. Werkswinkels sal in
Kaapstad en Pretoria gehou word. Insluiting in die finale bundel
berus op die suksesvolle voltooiing van die redigeringsproses.
Ongelukkig sal daar nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers
gelewer kan word nie. Die finale oordeel vir publikasie ná
die redigeringsproses berus by die samestellers en geen korrespondensie
sal hieroor gevoer word nie.
Die kortlys sal in Maart 2012 aangekondig word.
Navrae en manuskripte kan gerig word aan:
Danita van Romburgh
Tel: (021) 406 3412
Faks: (021) 406 3812
E-pos: dvanromb@nb.co.za
Stuur jou manuskrip na:
Nuwe Stories 2012
Posbus 5050
Kaapstad 8000
Inligting en inskrywingsvorm ook beskikbaar by www.humanrousseau.com
|