|
Harry Kalmer, bekroonde skrywer en dramaturg en skepper
van die geliefde "Vlieger" stories in Rapport bring sy
gewilde skryfkursus vir die eerste maal na Potchefstroom.
"Die kursus is daar om mense te help om hulle
stories te vertel, maak nie saak of hulle nog nooit geskryf het
of net inspirasie nodig het om weer te begin nie.
"Mense wil skryf, maar hulle nie weet nie waar om te begin
nie. Ander is bang omdat hulle dink mense gaan lag. Dit is maar
twee van die dinge wat die kursus aanspreek."
Die tweedagkursus is 'n praktiese slypskool wat gaan
oor die basiese reëls, vaardighede en truuks wat enigiemand
kan leer. Deelnemers stap weg met 'n nuwe stel "gereedskap"
wat hul help om hulle storie beter te vertel.
Daar word gekyk waar stories vandaan kom en hoe om
hulle te gaan haal. Daar word gepraat oor die vrees vir skryf, publikasie
en selfs sukses.
Beginne, eindes en die rol van verbeelding en persoonlike ervaring
word bespreek.
Jy gaan leer hoe minder woorde jou meer laat sê
en oor die belang van ritme, titels, "understatement"
en gesigspunt.
Dinge wat jou sal help om stories te vertel wat mense
graag wil hoor.
Daar word ook gekyk na die struikelblokke wat tussen jou en jou
skryfwerk staan; maak nie saak of dit jou werk, jou familie of vrees
vir kritiek is nie.
Die werkswinkel strek oor
twee Saterdae 11 Junie & 18 Junie van 9.30 - 16.00 en
is tot 12 deelnemers beperk. Dit vind plaas by Huys ten Bosch in
Potchefstroom en kos R1750 (R1250 vir studente en pensionarisse)
en sluit twee middagetes in.
Navrae kan gerig word aan Harry
by kalmer@netactive.co.za
|