Werfjoernaal
 
Junie 2011

werfjoernaal
argief



Leserskring: Lees is Cool!

Leserskring het skole uitgenooi om inskrywings te stuur vir ‘n Lees is Cool! foto-kompetisie.

Die weninskrywings het elk R2 500 se boeke vir die skoolbiblioteek losgeslaan.

Daar was 2 kategorieë:

Ekstreme lees: lees in amusante of ongewone plekke

Plesierige groepsfoto: foto van 3 of meer leerders wat lees

Die doel van die kompetisie is om ‘n liefde vir lees aan te wakker en ‘n poging om die wanopvatting hok te slaan dat lees ‘n beslommernis is.

Aangeheg is ‘n paar van die wonderlike inskrywings wat ons ontvang het.

Die wenskole:

Laerskool Gimnasium, Dellville Park Primary School, Blouberg Ridge Primary School, Darling College, Hoërskool Strand, Maskam Primêr, Boston Primary School, Laerskool Hoekwil

Hoërskool Strand


Maskam Primêr

Blouberg Ridge Primary School

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2011