|
Die vyfde konferensie oor Suid-Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur
vind in September 2012 plaas.
18-20 September 2012
Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus, Potchefstroom, Suid-Afrika
Uitnodiging vir bywoon
van konferensie en lewer van referate
Konferensietema: Ruimtes, roetes en (her-)ontdekkings
Referate oor sowel Suid-Afrikaanse as internasionale kinder- en
jeugliteratuur word verwelkom, en moet verkieslik aansluit by een
van die volgende sake:
- Ruimtes - literêre ruimtes, tekstuele ruimtes,
ruimte en genre, ruimte en media, fisiese ruimte, psigologiese
ruimte, abstrakte ruimte, geografiese ruimte, stadsruimtes, dorpe,
landelike gebiede, platteland, die natuur, land, see, die buitenste
ruimte, ekologiese kwessies, verbale en visuele beelding van ruimte.
- Roetes - na die ontdek van kinder- en jeugliteratuur,
in avontuurverhale, na die verbande tussen dinge deur middel van
interdissiplinêre studies, na die verbetering van lees,
na sukses in die skryf vir kinders en adolessente, in die gebruik
van kinder- en jeugliteratuur in taalonderwys, roetes in die uitbeelding
van waardes in kinder- en jeugliteratuur.
- (Her-)ontdekkings - van die krag van woorde, van die
belang van die visuele vertel van verhale (illustrasiekuns, film),
van byna vergete outeurs, van klassieke/immergroen tekste, van
ou en nuwe waardes, van Suid-Afrika in die globale wêreld.
Referate, werkwinkels, panele en plakkaataanbiedinge is welkom.
Soos die vorige konferensies, is hierdie konferensie vir almal
wat op een of ander manier betrokke is/wil wees by die produksie
(bv. mondelinge vertellers, skrywers, illustreerders, vertalers,
uitgewers), bemarking en verspreiding (bv. uitgewers, agente, boekhandelaars),
bemiddeling (bv. onderwysers/fasiliteerders, ouers, bibliotekarisse,
en die media - koerante, radio, televisie) en resepsie (reaksie
van kleuters, kinders en tieners op bv. verhale, poësie, toneel
en film) van kinder- en jeugliteratuur.
Referate kan in enige van die amptelike tale van Suid-Afrika
gelewer word. Opsommings van referate wat in ander tale as Engels
gelewer word, moet van 'n Engelse opsomming vergesel wees. Simultane
tolking sal beskikbaar wees, maar 'n versoek hiervoor moet teen
18 Mei 2012 gerig word wanneer die referaatopsomming ingestuur word.
Datums:
18 Mei 2012: Finale voorstelle van titel, opsomming (250 woorde)
en 'n kort CV (100 woorde) in Word-formaat.
3 September 2012: Laaste dag van registrasie (betaling ingesluit).
Navrae oor enige aspek van die konferensieprogram
kan gerig word aan:
Betsie van der Westhuizen
Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Skool vir Tale
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
Tel.: 27 18 2991491 (internasionaal) of: 018 2991491 (Suid-Afrika)
Faks: 27 18 2991562 (internasonaal) of: 018 2991562 (Suid-Afrika)
E-pos: betsie.vanderwesthuizen@nwu.ac.za
OF:
Franci Greyling
Vakgroep Skryfkuns
Skool vir Tale
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
Tel.: 27 18 2991783 (internasionaal) of: 018 2991783 (Suid-Afrika)
Faks: 27 18 2991562 (internasionaal) of: 018 2991562 (Suid-Afrika)
E-pos: franci.greyling@nwu.ac.za
OF:
Dolly Dlavane
Skool vir Onderwysersopleiding (Mens-georiënteerde skoolvakke)
Afrikatale
Fakulteit Opvoedkunde
Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
Tel.: 27 18 2991817 or: 018 2991817
Faks: 27 18 299 4238
E-pos: dolly.dlavane@nwu.ac.za
OF:
Gerda Wittmann
Lektor: Duits
Skool vir Tale
Potchefstroomkampus
Noordwes-Universiteit
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
Tel: 27 18 2991560 (internationaal) or 018 2991560 (South Africa)
Faks: 27 18 2991562 (internationaal) or 018 2991562 (South Africa)
E-pos: gerda.wittmann@nwu.ac.za
Opsommings van die referate moet per e-pos
of gewone pos gestuur word aan:
Gerda Wittmann
Lektor: Duits
Skool vir Tale
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
E-pos: gerda.wittmann@nwu.ac.za
http://nwu-childrenyouthliterature.co.za
|