|
3 - 6 Desember 15:00 - Mission Impossible: Tooth
('n tweetalige opvoering waarin Tinky Toothfairy en Tonkie Tandemuis
op 'n misie is om dieselfde tand te kollekteer op aarde. Maar wie
het die tand die nodigste: Tinky wat nog 'n halssnoer wil maak,
of Tonkie wat prinses Melinda Muis se paleis klaar moet bou?)
8 - 11 Desember 11:00 en 13:00 - Die Betowerde Messe en Vurke
(Hoepel is feëland se winkelier, maar sy smoussak is soek!
Hy en Beulah betrap die stoute Kimmie op heterdaad en beraam 'n
plan om hom van sy stoute streke te genees.)
15 - 20 Desember 16:00 - Storietyd: Die Mooiste Afrikaanse Sprokies
(Stories uit die boek word lewendig gemaak deur beweging, klanke
en musiek.)
Vakansiewerkswinkel!! Drama- en kunsklasse vir 7 tot 15 jariges:
kom leer om kreatief te wees met jou hande, lyf en stem en speel
in Krisis in Krismisville. Werkswinkels word aangebied vanaf 15
tot 20 Desember of 5 tot 10 Januarie.
Besprekings, inskrywings
en navrae by Babbelbox : (012) 997 7907
Kom word deel van ons kinderkuns
en -kultuur by Babbelbox, Kimiad-gronde, Wekkerstraat, Moreletapark.
Kontak Marhette 082 786 3966 of Henriëtte 083 626 8881

|