|
ATKV-Woordwoekeraars in Pretoria het sy jaarlikse
skryfkompetisie van stapel gestuur. Nuwe skrywers van vyftien tot
tagtig jaar word genooi om aan dié kompetisie deel te neem.
AFDELINGS
AFDELING 1: Vir Jongmense (15 jaar - 18 jaar)
AFDELING 2: Vir Volwasse Afrikaans Moedertaalsprekers
AFDELING 3: Vir Volwasse Nie-Afrikaanssprekendes.
PRYSE
ALGEHELE WENNER kan die 2005 Herfskool van die ATKV Skryfskool op
Potchefstroom bywoon. ATKV Woordwoekeraars betaal die klasgeld asook
die losies, wat ongeveer R1 500 (EEN DUISEND VYF HONDERD RAND) beloop.
Die prysgeld kan nie vir kontant omgeruil word nie. Verder is die
wenner vir sy / haar eie etes en sakgeld verantwoordelik.
KATEGORIE WENNERS ontvang kontant, boekpryse en sertifikate.
VERHAAL MET DIE BESTE POTENSIAAL: Een verhaal, wat nie 'n wenner
is nie, maar wat deur die beoordelaars aangewys word as 'n verhaal
met besonderse potensiaal, mag die ATKV Woordwoekeraars se Werkswinkel
gratis bywoon. (Sien meegaande inligting oor die werkswinkel.)
TEMA
Enige tema sal aanvaar word.
REËLS
- Inskrywings gaan gediskwalifiseer word sou die reëls van
hierdie kompetisie nie noukeurig nagekom word nie. MAAK DAAROM
SEKER U WEET PRESIES WAT VAN U VERWAG WORD.
- Deelnemers van 19 tot ouer as 80 jaar mag aan die volwasse
afdelings deelneem.
- Die inskrywing moet in AFRIKAANS wees en mag nie langer as
3500 - 4000 woorde wees nie. Die aantal woorde moet net onder
die titel aangedui word.
- Daar mag slegs aan een van die afdelings deelgeneem word. Dit
moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees en elke outeur
mag net een verhaal instuur. STUUR 7 AFSKRIFTE VAN DIE VERHAAL
SAAM.
- Die beoordeelaars behou die reg voor om sommige of al die pryse
nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit
nie regverdig nie.
- Elke inskrywing moet vergesel wees van 'n inskrywingsvorm en
tjek ter waarde van R30, uitgemaak aan die ATKV Woordwoekeraars.
Direkte of internet inbetalings kan gemaak word en wel na die
volgende rekening: ATKV Woordwoekeraars, ABSA Spaarrekening 9083120028.
'n Afskrif van die inbetaalstrokie of die internet inbetaling
moet u inskrywing vergesel. Ongelukkig kan geen posorders ontvang
word nie.
- Stuur ook 'n gefrankeerde koevert, groot genoeg vir u manuskrip,
saam. Skryf asb u eie adres voor op en die titel van die verhaal
met potlood agter op. Maak seker die posgeld is genoeg. Maak voorsiening
vir moontlike prysstygings in posgeld. U kommentaar en afskrifte
word in hierdie koevert aan u teruggestuur.
- Die skrywer se naam mag slegs op die inskrywingsvorm verskyn,
en nie op die verhaal self nie.
- Deelnemers mag van 'n skuilnaam gebruik maak, maar die regte
naam en volledige posadres moet op die inskrywingsvorm verskyn.
Ouers / voog van minderjarige kinders moet die vorm onderteken.
- Verhale moet in dubbelspasiëring en in 'n leesbare lettertipe
van minstens 12pt-grootte getik word. 'n Verhaal wat in hoofletters
(Uppercase) getik is, sal nie aanvaar word nie.
- Geen handgeskrewe inskrywings sal aanvaar word nie. Verhale
mag ongelukkig nie elektronies voorgelê word nie.
- Slegs persone wat nog nie voorheen by 'n erkende uitgewer gepubliseer
het nie, mag aan die kompetisie deelneem.
- Die sluitingsdatum: 31 Januarie 2004. Wenners sal gedurende
die ATKV Woordwoekeraars se Werkswinkel op 15 Mei 2004 aangekondig
word.
- Inskrywings met 'n posstempel later as
31 Januarie 2004 sal nie aanvaar word nie. Dit beteken nie die
inskrywings moet per pos aangestuur word nie. Dit kan ook per
hand by die posadres wat hieronder genoem word, ingehandig word.
Pos inskrywings aan:
ATKV WOORDWOEKERAARS
SCHÜRMANNSLAAN 359
PRETORIA-TUINE
0082
- Navrae:
Trudy Erasmus (0722104385) of Martie Els (0827424462). els@mailbox.co.za
- Alle-taliges mag deelneem.Die inskrywing gaan aan vier onafhanklike
beoordeelaars (anoniem) voorgelê word, nadat 'n paneel 'n
kortlys van die bestes saamgestel het. Elke beoordeelaar het sy
eie unieke manier van beoordeel, maar u sal tergvoer ontvang.
LW: U werk word anoniem aan die beoordeelaars en paneel voorgelê.
Hy/sy gaan nie weet wie die skrywer is nie.
WENKE
- Maak seker u verhaal is tegnies goed versorg. Dit skep 'n professionele
indruk.
- Taalversorging is baie belangrik. Onnodige spelfoute en tikfoute
breek soms 'n baie goeie verhaal af. Dit bepaal soms die wenverhaal.
- Gebruik 'n eenvoudige lettertipe. Dit lees makliker

|