|
Die Anglo-Boereoorlog het in Mei 1902 amptelik tot
n einde gekom toe die Vrede van Vereniging in Pretoria onderteken
is. Om hierdie geleentheid te herdenk en om die dood van duisende
kinders in die oorlog te herdenk, organiseer Unisa se Eenheid vir
Navorsing in Kinderliteratuur op 27-29 Mei 2002 n konferensie
in Pretoria oor die uitbeelding van Anglo-Boereoorlog in die letterkunde.
Konferensie
inligting
27-29 Mei 2002
Universiteit van Suid-Afrika, Sunnysidekampus (Hoek van Mears-
en Walkerstrate, ingang in Walkerstraat. Veilige parkering. Gebou
7, Kamer 2B)
Konferensiefooi
3 dae (27-29 Mei): R230
Fooi per dag R 90
Akkommodasie:
Kosmos Gastehuis. 'n Beperkte aantal kamers is by Kosmos gastehuis
bespreek. Die gastehuis word geadministreer deur Pretoria Technikon
en is regoor die Sunnysidekampus van Unisa waar die konferensie
sal plaasvind.
Omdat daar 'n beperkte aantal kamers beskikbaar is, word aanbeveel
dat vroegtydige bespreking gemaak word. Koste: R150 per persoon,
enkel, bed & ontbyt .
Aandfunksies
Maandagaand 27 Mei 2002: "Die Boere oorlog in Herinnering"
deur Petru Wessels en Carel Trichardt.
Die veteraanakteurs, Petru Wessels en Carel Trichardt, bied hierdie
spesiale program in "Die Teaterhuisie" in Sunnyside aan
(2-3 blokke van die konferensie en Kosmos Gastehuis).
Daar is 'n beperkte aantal sitplekke en vroegtydige bespreking word
aangeraai.
Kaartjies: R55 per persoon (kontantkroeg beskikbaar)
Dinsdagaand 28 Mei 2002: Aandete by Melrosehuis
'n Buffet-aandete, met tradisionele Suid-Afrikaanse kos, word aangebied
by Melrosehuis. Die Vrede van Vereeniging, wat die einde van die
Anglo-Boereoorlog ingelei het, is in hierdie huis onderteken. 'n
Kort toer van die huis word gereël.
Omdat daar net vir 30 persone voorsiening gemaak kan word, is vroegtydige
bespreking nodig.
Prys:R 55 per persoon (drank uitgesluit)
Middagete
Die kafeteria van die Sunnysidekampus van Unisa sal beskikbaar wees.
Middagete is nie ingesluit in die konferensiefooi nie.
Dagtoer
Pretoria en die Anglo-Boereoorlog
'n Dagtoer word op Sondag 26 Mei georganiseer na sommige van Pretoria
se bekendste Anglo-Boereoorlog besienswaardighede: Smutshuis Museum
(Irene): woonhuis van gen Jan Smuts; Irene Konsentrasiekampkerkhof;
Forte te Klapperkop en Schanskop; Melrosehuis (Vrede van Vereeniging);
Sammy Markshuis (Woning van die bekende Joodse sakeman wat met beide
die Boere en die Britte bevriend was).
Prys R250.00 per persoon (minimum van 20 persone)
Toerpys sluit in: luukse vervoer, spesialis-toergids en toegangsfooie.
Etes sal vir toergangers se eie rekening wees.
Volledige konferensieprogram
en inskrywingsvorm
beskikbaar by:
http://www.unisa.ac.za/dept/clru/KonfBoerIndeks.html
Meer inligting
Vir meer inligting, kontak:
Felicite Fairer-Wessels:
Tel: (012) 460 7258
Posbus 35947
0102 Menlopark
ffwessels@worldonline.co.za
of
Thomas van der Walt
Tel: +27 (0)12 429 6520 of 082 450 3357
Faks: (012) 429 3400
Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur (ENIK)
Departement Inligtingkunde
Universiteit van Suid-Afrika
0003 Pretoria
vdwaltb@unisa.ac.za
vdwaltb@unisa.ac.za

|