|
Die dokumentêre program Verskroeide aarde
wat op kykNET en M-Net uitgesaai is, gaan gepaard met 'n skryfkompetisie
vir leerlinge.
Al wat die deelnamers moet doen, is om hulle te verbeel
hulle was in die ABO en dan hul ervaring in nie meer as 1 000 woorde
nie neer te skryf.
Die beste bydrae deur 'n senior leerling (graad 10
tot 12) sal met R5 000 beloon word. Die drie naaswenners in dié
groep kry elk R1 500 en die volgende ses kwalifiseerders elk R500.
Die beste bydrae deur 'n junior leerling (graad 7
tot 9) word met R3 000 beloon en die drie naaswenners in dié
groep kry elk R1 000, terwyl die sestien volgende kwalifiseerders
elk R250 kry.
Die 10 beste bydraes deur seniors en 20 beste bydraes
deur juniors sal gepubliseer word deur Content Solutions Online
in die vorm van 'n senior en juniorbundel.
Die wenners se skole kry 'n bedrag gelykstaande aan
dit wat hul leerlinge gewen het.
Alle bydraes sal op die internet deur M-Web se Leerhulp-aanlyn
gepubliseer word. Bydraes kan in Afrikaans of Engels of enige ander
amptelike landstaal gelewer word.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 15 Augustus.
Volledige besonderhede oor die kompetisie by http://www.ScorchedEarth.co.za

|