|
DIE ATKV-SKRYFSKOOL
VAN NOORDWES-UNIVERSITEIT bestaan reeds sedert 1990 aan die destydse PU vir CHO
en dit is die eerste Skryfskool in Suid-Afrika wat aan `n universiteit gekoppel
is. Dit is ook die enigste Skryfskool in Suider-Afrika wat Skryfkuns op voor-
en nagraadse vlak aanbied en wat dwarsoor die subkontinent nieformele werkswinkels
in kreatiewe skryf aanbied. Herfsskool Die
Herfsskool vir skrywers word jaarliks in Maart deur die ATKV-skryfskool van die
Noordwes-Universiteit aangebied. Bekendes uit die skryfwêreld, soos Nico
Lewis, Hettie Scholtz. Margaret Bakkes, Martie Preller, Hans du Plessis en Andries
Cilliers tree onder andere as aanbieders op. (Volledige
inligting.) Geleentheidskursusse Die
Skryfskool bied op uitnodiging kursusse op enige plek in Suider-Afrika aan. Hierdie
kursusse se duur word deur die aard van die werkswinkel bepaal, en die koste van
so `n geleentheidskursus word deur die instansie wat die uitnodiging rig, betaal.
In die meeste gevalle kry die instansie wat die kursus aanvra, self `n borg vir
die besondere kursus. Jy is welkom om met ons te skakel indien jy so `n soort
kursus wil aanbied. Skolierekursusse Die
Skryfskool bied reeds die afgelope tien jaar ook kursusse in die skryf van kortverhale
vir jong skrywers op verskillende plekke in Suider-Afrika aan. Die bekendste hiervan
is die jaarlikse naweekkursusse op Montagu, Oudtshoorn, Calvinia en Potchefstroom.
Hierdie kursusse vir jong skrywers word aangebied met die finansiële steun
van die PUK-kanselierstrust en in samewerking met hoërskole. (Meer
inligting) Vakgroep
Skryfkuns Binne
die Skool vir Tale in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte bestaan die Vakgroep
(Departement) Skryfkuns wat jou daartoe in staat stel om Skryfkuns as een van
jou vakke vir enige B.A. of vir `n B.A. in Kommunikasiestudies te neem. Skryfkuns
bestudeer die teorie en die praktyk van kreatiewe skryf. (Meer
inligting.) Herfsskool
(volledige inligting) Herfsskoolgangers
kan uit vyf afdelings tydens die Herfsskool kies: prosa, poësie, kinderliteratuur,
Christelike literatuur of drama. Hierdie vyf afdelings loop gelyktydig tydens
die Herfsskool. Die
Herfsskool bied jou nie net die geleentheid om met die skryfkuns, skrywers, uitgewers
en tydskrifmense kennis te maak nie, maar jy ontmoet ook ander mense wat jou intense
belangstelling deel en wat met dieselfde skryfprobleme as jy worstel. Dit maak
nie saak op watter vlak jou skryfwerk is nie - of jy nog nooit gepubliseer het
nie en of jy alreeds gepubliseer het - die Skryfskool en sy mense sal jou skryfwerk
help slyp. Die
afdelings van die Herfsskool Die
verskillende afdelings van die Herfsskool (prosa, poësie, kinderliteratuur,
Christelike literatuur en drama) word in parallelle sessies aangebied, hoewel
die hooflesings van skrywers of uitgewers vir al die kursusgangers gelyktydig
aangebied word. Prosa Hoe
lyk `n kortverhaal of `n roman? Daar word aandag geskenk aan die uitwerk van die
verhaallyn, die skep van karakters en ruimte en die tyd van die storie. Om
vir hierdie afdelingin te skryf, moet jy `n kortverhaal van ongeveer 10 bladsye
vooraf instuur. Poësie Waar
kry ek `n gedig vandaan? Hoe werk metafore, klank, beweging en vorm wanneer ek
`n gedig skryf? Moet dit rym, en wat is `n moderne gedig nou eintlik? Vir hierdie
afdeling moet jy een gedig met jou inskrywingsvorm saamstuur. Kinderliteratuur Om
vir kinders of vir die jeug te skryf, is dieselfde as om vir grootmense te skryf
- dit is net moeiliker! Die moets en moenies van kinderliteratuur en die besondere
eise daarvan word met jou behandel. Om in te skryf vir hierdie afdeling moet jy
`n kinder- of `n jeugverhaal van ongeveer 15 bladsye saam met jou inskryfvorm
instuur. Christelike
literatuur Die
mark vir Christelike literatuur is `n groot en `n honger mark. Wat is die eise
van hierdie mark en hoe tref ek hierdie mark, sonder om soetsappig en sentimenteel
te wees? Vir die Christelike literatuur verwag ons van jou `n enkel dagstukkie
(nie gedigte nie) wat by jou inskryfvorm ingesluit moet wees. Drama Die
verskeidenheid kunstefeeste, die radio en televisie het die mark vir die skryf
van dramas weer lewendig gemaak. As jy graag `n drama vir die verhoog wil skryf,
gee ons jou leiding in hoe `n plot moet lyk, hoe karakters werk en wat is die
wisselwerking tussen die teks, die regisseur, akteurs, verhoog en die gehoor.
Om tot hierdie kursus toegelaat te word, moet jy die konsep van jou verhoogdrama
(uiteengesit in `n bladsy of drie) saam met jou inskrywing vir ons instuur.
Algemeen Vir
vier dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers,
groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word `n
bywoningsertifikaat uitgereik. Om
tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar `n skryfstuk gevra wat jy by inskrywing
voor die sluitingsdatum, moet inlewer saam met `n deposito. Hierdie skryfstuk
van jou word in die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek. Akkomodasie Akkommodasie
vir drie nagte in netjiese, nuwe selfversorgingseenhede op die kampus is by die
kursusgeld ingesluit. Ons
het al baie mense gehelp om regtig aan die skryf en publiseer te kom, ons kan
jou ook help! Vir
inskrywingsvorms of meer inligting kontak: Die
Direkteur ATKV-Skryfskool NOORDWES-UNIVERSITEIT Potchefstroom
2520 Tel:
27 18 299 1782 / 3 Faks: 27 18 299 1562 Kobie
van Aswegen: assjcjva@puknet.puk.ac.za 
|