|
Waar kan mens kinderboeke koop en nog sommer lekker
kuier ook?
Wonderlike nuus vir kapenaars is dat 'n nuwe Exclusive
Books tak in die Waterfront oopgemaak het. Hulle het, in
die woorde van 'n kinderboekliefhebber, "werklik een van die
wonderlikste kinderboek afdelings wat ek nog in 'n boekwinkel hier
onder in die Kaap gesien het".
Nog twee bolandse boekwinkels wat die moeite werd
is om by in te loer is Fables in die Paarl
en Bookmark in Hermanus. Die eienaars van hierdie
boekwinkels is baie opgewonde oor kinder- en jeugboeke en koop gereeld
Afrikaanse voorraad aan.
Pretorianers wat hou van heerlike ontdekkings moet
beslis Die Boekhuys in Deystraat besoek. Die Boekhuys
is die amptelike boekwinkel van die Kankervereniging en is 'n
paradys vir boekliefhebbers. Dis net die plek om 'n gunsteling raak
te loop - van Patrys-hulle tot Keurboslaanboeke - en teen
tussen R3 en R6 per boek is dit nie te versmaai nie. Die Boekhuys
is Dinsdae en Donderdae van 14:00 tot 18:00 oop, en 'n boekverkoping
word elke eerste naweek van die maand gehou. Kontak Roza Pretorius
(012) 460-8676 vir meer inligting.
( Laat weet
gerus van boekwinkels wat moeite doen met Afrikaanse kinder-
en jeugboeke.)

|