|
Moet nooit weer sê boeke maak tog nie nie 'n
verskil nie. Ek het so pas 'n wonderlike brief ontvang van Kabelo
Duncan Kgatea, wat in November die Sanlam-prys vir Jeuglektuur:
Afdeling Sotho-tale ontvang het vir sy Tswana-jeugverhaal Njeng
manong, fa ke sule!
Kabelo
is 'n mynwerker by Amplats (Anglo Platinum) op Rusterburg. Toe Corna
van der Spoel hoor dat 'n mynwerker by Amplats 'n Sanlam-prys gewen
het, sê sy vir my ek moet vir haar 'n perslegger stuur - sy
het 'n vriend wat by Amplats se personeelblad werk, en sy is seker
hy sal graag iets oor Kabelo wil doen. Natuurlik stuur ek toe die
perslegger.
Later,
in 'n telefoongesprek met Kabelo, hoor ek hierdie persoon gaan nie
alleen 'n foto-artikel oor Kabelo in die blad doen nie, hy het ook
'n ontmoeting tussen Kabelo en die MD van Amplats georganiseer.
Nou
kry ek 'n pakkie van Kabelo met 'n eksemplaar van die tydskrif en
'n briefie waarin hy sê: "I have been promoted. I am
now working as a communication officer. I am not going underground
any more."
Is
dit nie wonderlik nie? A latter-day fairy tale if ever there was
one!
Louise Steyn
Uitgewer: Kinder- en Jeugboeke Tafelberg-Uitgewers

|