|
Kry 'n kreaploffing in jou kreadagtes! 'n Anderste-kreatiewe-probleemoplossende-skrywende
reis deur jou kop. Jy gaan nie weer dieselfde wees nie. Gee jy om?
Is dit okay? Is jy seker?
Okay
as JY so sê
Kreatiwiteitswerkswinkel vir laer- en hoërskoolmense (die
wat nog jonk van gees is maar al bietjie antiek in vlees, maar nog
nie vergeet het van die kind in hulle nie, mag ook saamreis) aangebied
deur Martie Preller ( bekroonde skrywer) en Martie Kruger (besig
met haar MA in Kreatiwiteit). (Noem ons M1 en M2!)
Slegs geleentheid vir 30 reisigers per werkswinkel.
- TYD: Maandag 1 Oktober 9:00-12:00 vir graad 5-7 leerders
2:00-17:00 vir graad 8-10 leerders (die oues van vlees maar nie
van gees, skakel hier in)
- PLEK: Biblioteek Rooihuiskraal, Centurion.
- KOSTE: R60 (reisnotaboek word voorsien)
- BESPREKINGS: (012) 671 7380
VIR VERDERE BESONDERHEDE:
Hester Verwey: ((012) 671 7380
Een-dag-storiemaakwinkel
word ook aangebied op Saterdag 29 September.

|