|
Kunstenaars van alle soorte word genooi om te kom
arbei/oorbly in die Sir Laurens van der Post Kunstenaarshuis op
Philippolis wat onlangs geopen is.
Die Kunstenaarshuis poog om aan voorste/ belowende skrywers, beeldende
kunstenaars, fotograwe, akademici 'n oord te bied om in vrede te
arbei teen 'n geringe teenprestasie.
Die idee het gespruit na 'n gesprek tussen Van der Post se dogter,
Lucia, en ds. Bertie Haasbroek van die plaaslike N.G. Gemeente.
Lucia wou haar pa se as op Philippolis begrawe. Haasbroek het toe
voorgestel dat hul 'n gedenktuin, museum ... vir hom skep. Van der
Post se as is dan ook begrawe in die gedenktuin.
Die klem val daarop dat die artist retreat GEBRUIK moet word en
dat dit 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici
- nie net vir huishoudelike name nie, alhoewel hul net so welkom
is.
Die Sir Laurens van der Post Memorial Trust is 'n nie-winsgewende
organisasie. Om uitgawes te help dek word die artist retreat as
gastehuis gebruik as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.
So ver bekend is die artist retreat die enigste van sy aard in Suid-Afrika
naas die skrywershuis op Calvinia.
Onder bekendes wat al na die skrywershuis kom kyk het en/of hier
gewerskaf het tel Ruda Landman, Coenie de Villiers, Mangosuthu Buthelezi,
Christina Landman, Gillian van Houten, Pieter Fourie en Johan Rossouw.
As kunstenaars nie van die huis gebruik maak
nie, is dit beskikbaar aan die publiek as n gastehuis.
Die teerpad vanaf Trompsburg via Philippolis na Colesberg is net
15 km verder as die eentonige N1 oor Springfontein/Gariepdam. Oorweeg
Philippolis dus as 'n halfwegstasie (of veel meer) tussen die Noorde
en die Suide.
Aansoeke
Kunstenaars wat belangstel om in die kunstenaarshuis oor te
bly, se aansoeke moet onder meer die volgende bevat:
- 'n projekvoorlegging:
- hoe lank wil die persoon vir watter doel hier kom bly?
- tot watter mate kan die gemeenskap by so 'n verblyf baat
- bv. die lewer van 'n praatjie oor 'n boek wat 'n skrywer
skryf, 'n foto-uitstalling.
- daar word ook verwag dat die kunstenaar iets moet agterlaat
- gewoonlik 'n foto, boek, artikel wat hy/sy geskryf het.
- 'n beknopte cv
- referente
Die meriete van die aansoek en hoeveel die besoeker moet betaal
word dan aan die hand van hoofsaaklik bogenoemde faktore oorweeg.
Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil
vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek.
Dit kan wissel van 'n dag of wat tot byvoorbeeld 'n maand.
Belangstellendes (gaste & kunstenaars)
kan adv. Jens Friis kontak by 051-7730073 per e-pos: jensfriis@intekom.co.za
of Posbus 43, Philippolis, 9970, Suid-Afrika. Vir meer besonderhede
kan 'n oog ook gegooi word by www.philippolis.org.za.

|