| |
|
Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2002
|
|
Skrywers word uitgenooi om
deel te neem aan die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2002.
Reëls
- Die wedstryd word in vier kategorieë aangebied: Afrikaans,
Engels, Nguni-tale en Sotho-tale.
- Daar is twee pryse in elke kategorie op die spel:
Goud: R8000
Silwer: R4000
- Vereistes: 'n Verhaal wat die leser positief stem. Of, soos
die Amerikaners sou sê: an upbeat story. Die verhaal moet
geskik wees vir jong lesers (iewers tussen 12 en 18 jaar). Lengte:
tussen 25 000 en 45 000 woorde.
- Tafelberg onderneem om die wenromans te publiseer en behou ook
die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer.
- Terwyl inskrywings onder oorweging is, mag hulle nie elders
voorgelê word vir publikasie nie.
- Die beoordelaars behou die reg voor om een of meer pryse agterweë
te hou indien die gehalte van die inskrywings nie op peil is nie.
- Die wedstryd is oop slegs vir burgers van Suid-Afrika, Namibië,
Botswana, Lesotho en Swaziland.
- Inskrywings moet op A4-velle getik of uitgedruk wees, met dubbelspasiëring
en breë kantlyne, net aan een kant van die vel, duidelik
genommer en nie ingebind nie. Indien rekenaaruitdrukke op aaneenlopende
papier gemaak word, moet die bladsye van mekaar losgeskeur word.
Inskrywing kan ongelukkig nie per e-pos geskied nie.
- Inskrywings word streng anoniem beoordeel. Skrywers word dus
gevra om seker te maak dat hul naam slegs op die titelblad van
die inskrywing verskyn en nêrens elders nie.
- Elke inskrywing moet vergesel word van 'n inskrywingsvorm (of
afdruk daarvan).
- Deelnemers mag nie onder 'n skuilnaam inskryf nie. Indien 'n
skrywer 'n skuilnaam wil gebruik vir doeleindes van korrespondensie
of publikasie, kan hy/sy dit op die inskrywingsvorm aandui onder
"Skuilnaam".
- Deelnemers word versoek om afskrifte van hul inskrywings te
hou en om 'n selfgeadresseerde, gefrankeerde koevert in te sluit
indien hulle wil hê dat hul inskrywing ná die wedstryd
aan hulle teruggestuur moet word. Die organiseerders kan nie finale
verantwoordelikheid aanvaar vir verlore inskrywings nie.
- Sluitingsdatum: 21 Januarie 2002.
- Navrae en inskrywingsvorms: Mev Louise
Steyn, Tafelberg-Uitgewers, Posbus 879, Kaapstad 8000; telefoon:
(021) 424-1320; faks: (021) 424-2510; e-pos: lsteyn@tafelberg.com

|
|
|
|