| Hou
jy van skryf? Wil jy dit graag as 'n vak op universiteit neem? Het jy geweet dat
Skryfkuns by die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO) aangebied word? Binne
die Skool vir Tale in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte bestaan die Vakgroep
(Departement) Skryfkuns wat jou daartoe in staat stel om Skryfkuns as een
van jou vakke vir enige B.A. of vir `n B.A. in Kommunikasiestudies te neem. Skryfkuns
bestudeer die teorie en die praktyk van kreatiewe skryf. Skryfkuns word as voor-
en nagraadse vak deur die Vakgroep Skryfkuns (waarvan die Skryfskool deel is)
aangebied, in die Skool vir Tale. Op voorgraadse vlak is dit `n volwaardige eerstejaar
en tweedejaarkursus wat volle krediet verdien binne die samestelling van enige
B.A.-graad. Skryfkuns
kan ook op M.- en D.vlak aangebied word, en hierdie kursusse sluit `n verhandeling
of tesis in. In al die gevalle van Skryfkuns vorm die skryfkunspraktyk (die student
se eie skryfwerk) `n integrerende deel van die kursus. 'n
Kennis van die skryfkuns is 'n uitstekende instrument vir joernaliste, taalpraktisyns,
bibliotekarisse en onderwysers. Dit het 'n breë gebruikswaarde, omdat daar
in die kursus ook aandag aan die stimulering van kreatiwiteit geskenk word. Skryfkuns
word aangebied deur Prof. Hans du Plessis en Dr. Franci Greyling. Vir
meer inligting kontak: Dr.
Franci Greyling sktsfg@puknet.puk.ac.za Tel:
27 18 299 1781 Faks: 27 18 299 1562 Vakgroep
Skryfkuns Skool vir Tale PU vir CHO Potchefstroom 2520 
|