|
Boeke en skrywers wat gedurende 2002 toekennings ontvang
het, is:
Marita
van der Vyver is die wenner van die Afrikaanse afdeling van vanjaar
se Sanlam-prys vir jeuglektuur. Sy het die goue prys van R8
000 ontvang vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Volledige
berig. Vorige wenners.
Die
C.P. Hoogenhouttoekenning vir Kinderliteratuur vir 1998 en 1999
is toegeken aan Verna Vels vir Liewe Heksie en die Rekenaar.
Niki
Daly has won the 2002 Children's Africana Book Awards for Young
Readers for his book What's Cooking Jamela? (this book
has the title Yebo! Jamela for its South African Edition).
This award is given annually by the African Studies Association
in USA. Yet another South African book is a world winner.
Die
MER-prys vir die beste kinder- of jeugboek is toegeken aan The
Waterbearer deur Dianne Hofmeyr. Die prys is deel van die Nasboek
Literêre Pryse wat toegeken word vir boeke wat in die vorige
jaar by die uitgewerye van Nasboek verskyn het. Vorige
wenners.
Die
ATKV-toekennings vir kinderboeke 2002 gaan aan Martie Preller
(Die Balkieboek), Rina Coetzee (illustrasies in Die Mossie
met die spiere), Ewald van Rensburg (Nog 30 stories vir jong-ore),
Hannes Smit (Ans se geheim) en Jan Vermeulen (Geraamtes
dra nie klere nie). Volledige
berig. Vorige wenners

|